Baie mense beskou blykbaar diefstal en roof as heel aanvaarbaar, jy moet net beweer jy was daartoe gedryf deur honger, gebrek, apartheid of die waan dat jou oer-voorouers onderdruk was..
Laat ons dus maar vandag oor ‘n paar sake reguit praat:
‘n Mens steel nie omdat jy honger of arm is nie – jy steel omdat jy skelm is.
Niemand was nog ooit in hierdie land so volledig onderdruk soos die
Afrikaner na die Tweede Vryheidsoorlog nie.
Ons voorouers wat die oorlog en die konsentrasiekampe oorleef het, het na
die doodse leegheid van vernietigde plase teruggekeer – uitgehonger,
hartseer en verpletter. Maar hulle het nie geroof en gemoor en gesteel
nie. Hulle het met harde werk, deursettingsvermoë en swaarkry so presteer
dat hulle weldra nie net hulleself nie, maar ook hulle huidige onderdukkers, goed kon versorg.
Toe hulle kinders in Engelse skole gestop is en gestraf is as hulle dit durf waag het om Afrikaans te praat, het hulle nie klippe gegooi en skole afgebrand en geweld gepleeg nie.
Hulle het hard geleer, hulle eie CVO -skole gestig en uiteindelik bo uitgekom sodat die Afrikaner vandag vir niemand op akademiese, tegnologiese of wetenskaplike gebied terug hoef te staan nie.
‘n Mens moor nie omdat jy voorheen benadeel is of omdat jou werkgewer jou
nie tederlik genoeg behandel nie – ‘n mens moor omdat jy ‘n barbaar is wat nie verdien om deel van die samelewing te wees nie.
Na die Tweede Vryheidsoorlog het Afrikanermynwerkers absoluut geen regte
gehad het nie en moes hulle gesinne met minder as ‘n hongerloon probeer
onderhou. Maar hulle het nie bejaardes gaan doodmartel en gesinne
uitgemoor nie.
‘n Mens word nie ‘n agtergeblewene omdat iemand anders nie genoeg vir jou
doen nie. ‘n Mens word ‘n agterblyer omdat jy nie presteer nie. Niemand het die Afrikaner na die Tweede Vryheidsoorlog vooruit gehelp nie – ons het self gewerk en volhard om sukses te behaal.
En elke ding wat ons het, het ons verwerf – apartheid het nooit plase en
poste en posisies aan die Afrikaner uitgedeel nie.
As alles altyd vir jou verkeerd loop sodat jy voel jy maak nooit enige vordering nie, is dit dalk ‘n goeie gedagte om op te hou soek wie anders as jy self vir al jou ellende verantwoordelik is. Ruk jou reg en presteer jouself in die voorspoed in.
En dit geld vir ons eie mense ook. Net ons eie werk, prestasie en geloof gaan bepaal of ons as agterblyers in die vergetelheid gaan wegsink en of ons weer as trotse, beskaafde, gerespekteerde volk sal opstaan.
Selfs in die nuwe Suid-Afrika is daar steeds geleenthede vir vindingryke,
geesdriftige mense wat bereid is om hard te werk en vir hulleself ‘n toekoms los te spook.
Mag die Afrikaner nooit pateties raak nie…
kommentaar deur Dawie |
November 19, 2009
| Antwoord
Aan al die verbruikers van www.carletonville.net wil ek graag u hartlik welkom heet by ONS blog. Daar is verskeie onderwerpe waaroor julle kan praat of net kommentaar kan lewer. Ek hoop u geniet die BLOG en web tuiste. Ons sal waardeer vir enige voorstelle. Dis toelaatbaar om in Afrikaans of Engels jou mening te gee. Groete.
Baie mense beskou blykbaar diefstal en roof as heel aanvaarbaar, jy moet net beweer jy was daartoe gedryf deur honger, gebrek, apartheid of die waan dat jou oer-voorouers onderdruk was..
Laat ons dus maar vandag oor ‘n paar sake reguit praat:
‘n Mens steel nie omdat jy honger of arm is nie – jy steel omdat jy skelm is.
Niemand was nog ooit in hierdie land so volledig onderdruk soos die
Afrikaner na die Tweede Vryheidsoorlog nie.
Ons voorouers wat die oorlog en die konsentrasiekampe oorleef het, het na
die doodse leegheid van vernietigde plase teruggekeer – uitgehonger,
hartseer en verpletter. Maar hulle het nie geroof en gemoor en gesteel
nie. Hulle het met harde werk, deursettingsvermoë en swaarkry so presteer
dat hulle weldra nie net hulleself nie, maar ook hulle huidige onderdukkers, goed kon versorg.
Toe hulle kinders in Engelse skole gestop is en gestraf is as hulle dit durf waag het om Afrikaans te praat, het hulle nie klippe gegooi en skole afgebrand en geweld gepleeg nie.
Hulle het hard geleer, hulle eie CVO -skole gestig en uiteindelik bo uitgekom sodat die Afrikaner vandag vir niemand op akademiese, tegnologiese of wetenskaplike gebied terug hoef te staan nie.
‘n Mens moor nie omdat jy voorheen benadeel is of omdat jou werkgewer jou
nie tederlik genoeg behandel nie – ‘n mens moor omdat jy ‘n barbaar is wat nie verdien om deel van die samelewing te wees nie.
Na die Tweede Vryheidsoorlog het Afrikanermynwerkers absoluut geen regte
gehad het nie en moes hulle gesinne met minder as ‘n hongerloon probeer
onderhou. Maar hulle het nie bejaardes gaan doodmartel en gesinne
uitgemoor nie.
‘n Mens word nie ‘n agtergeblewene omdat iemand anders nie genoeg vir jou
doen nie. ‘n Mens word ‘n agterblyer omdat jy nie presteer nie. Niemand het die Afrikaner na die Tweede Vryheidsoorlog vooruit gehelp nie – ons het self gewerk en volhard om sukses te behaal.
En elke ding wat ons het, het ons verwerf – apartheid het nooit plase en
poste en posisies aan die Afrikaner uitgedeel nie.
As alles altyd vir jou verkeerd loop sodat jy voel jy maak nooit enige vordering nie, is dit dalk ‘n goeie gedagte om op te hou soek wie anders as jy self vir al jou ellende verantwoordelik is. Ruk jou reg en presteer jouself in die voorspoed in.
En dit geld vir ons eie mense ook. Net ons eie werk, prestasie en geloof gaan bepaal of ons as agterblyers in die vergetelheid gaan wegsink en of ons weer as trotse, beskaafde, gerespekteerde volk sal opstaan.
Selfs in die nuwe Suid-Afrika is daar steeds geleenthede vir vindingryke,
geesdriftige mense wat bereid is om hard te werk en vir hulleself ‘n toekoms los te spook.
Mag die Afrikaner nooit pateties raak nie…
kommentaar deur Dawie | November 19, 2009 |