CARLETONVILLE.NET SKINDER BLAD

Just SAY your SAY!

VRA VIR FRIK

Vra vir Frik enige iets soos wat jy nie verstaan of weet hoe om te maak of reg te maak nie.

Vrywaaring: Frik dra geen verantwoordelikheid indien sy raad nie gaan werk of `n verlies sou ontaard uit sy raad nie. Gee vir Frik ongeveer `n week om op jou vraag te antwoord.

Februarie 28, 2009 - Posted by | 1

19 Kommentaar »

  1. Ons is op soek na ‘n huis om te huur in Carletonville of Oberholzer vir okkupasie nie later as 22 Sept 2012. Laat weet my asb. indien jy van ‘n plekkie weet – aninabarlow@yahoo.com

    Kommentaar deur Anina | Augustus 30, 2012 | Reply

  2. Middag Frik,

    Wil graag weet of hier ‘n persoon is in Carletonville wat kan help om jou huis te verander sonder om jou ‘n plaas se prys te verander. Ons het ‘n argitek gekry maar dit is vreeslik duur. Ook is ek op soek na ‘n persoon om te help om jou huis te organiseer soos ons op die oorsese kanale sien, om die maksimum te benut uit jou slaap kamers en kaste.

    Kommentaar deur Zelda | Oktober 23, 2011 | Reply

  3. Waar is Frik en sy boere rate heen, sjoe die verkoues is weg maar die hoesie bly nog oor!! Wat kan ek drink, whiskey werk nie ek het al vele kere probeer…… gee bietjie raad op die hoesie asseblief
    groete

    Kommentaar deur Ronel | Mei 14, 2010 | Reply

  4. Geen vrae vir die week of hoe dan??????????????????

    Kommentaar deur FriK | Junie 18, 2009 | Reply

    • The human heart cannot love the whole world. And if you try to put the whole world into your heart, you will eventually lose touch with your own humanity……..
      hoe waar is dit nie??

      Kommentaar deur Ronel | Junie 22, 2009 | Reply

    • Dankie Frik ek hettoe gebruik gemaak van hulle en hulle is uitstekend. Ek beveel enige persoon aan by hulle. Hulle tot my n blou bul vlag op my weerlig afleier gesit…….

      Kommentaar deur Dawie | Julie 19, 2009 | Reply

  5. ONTSPAN julle ONTSPAN
    Hier is n tegniek wat n ontspanreaksie skep – n kalmer gemoed en n meer ontspanne liggaam – is wonderlik vir die wat hoogs angstig is. n Algemene en effektiewe een is die fokuspunttegniek.
    Sit rustig en gemaklik op n plek waar jy nie gesteur sal word nie en herhaal n woord soos kalm of ontspan elke keer dat jy uitasem.Moenie bekommerd raak as jou gedagtes dwaal nie rig dit dan net weer op jou asemhaling en die woord. Beoefen hierdie tegniek dan elke dag 10 tot 20 minute lank.
    Lekerrrrrrrrrrrrr!! ONTSPAN dan

    Kommentaar deur FriK | Mei 13, 2009 | Reply

    • Frik ek het 2 krane wat nie oop of toe wil draai nie, die water loop nie, die kraan draai net so 1cm na links en1cm na regs niks verder nie, sal dit dalk n seel wees wat geseez is of wat?

      Kommentaar deur Dawie | Junie 14, 2009 | Reply

      • Dawie , moeilik om te verduidelik so oor die blog , maar moenie nou jou polse gaan afbyt nie.
        Hier is n nommer van n loodgieter in die dorp “084 866 3326” ,Hy sal kom regmaak , baie goeie pryse en uitsteeklike vakmanskap
        Ok dan lekker sentimeter vir sentimeter bad DAWIE

        Kommentaar deur FriK | Junie 17, 2009

  6. Dawie , Die antwoord op jou vraag is baie maklik , kry alles op skrif , mondelings werk nie altyd nie en volg op dadelik as die werk voltooi is, dan het jy n voet om op te staan.
    Kry dan ook n kwotasie wat gespesifiseer is van die werk wat gedoen moet word en hou by dit.
    Ek myself het ook baie sulke stelle afgetrap , een voorbeeld was n Ou wat ek voor werk gedoen het , Ek het op daai stadium toe vergeet van n gedeelte van die werk wat ek moes gedoen het , Ek het allermins nie betaling vir dit gekry nie want het dit mos nie gedoen nie .
    Nou kom die ou maande later se vir my ek moet dit doen wat ek destyds nie gedoen het nie, Ek gaan toe en doen die werk , waarop hy toe se dat hy my nie gaan betaal nie…..Is dit darem nie verkeerd nie , ek was nooit betaal vir die spesifieke werk nie.
    Nou moet ek die DROL dryg en oorgee aan my span Prokureurs en wag en sien wat gaan gebeur .
    Op my kwotasies en Fakture staan daar dat materiaal wat ek gebruik my eiendom bly tot dit ten volle betaal is , dit is baie belangrik om dit so te doen Dawie, want jy weet nooit wanneer so iets jou aan die GAT gaan byt nie.
    Ek sal voorstel dat jy ondersoek instel in die saak en maak seker dat die ou nie betaal was vir dit nie , anders moet jy hom maar betaal en seker maak in die toekoms dat jy alles op skrif kry.
    Sterkte Mater

    Kommentaar deur Frik | April 27, 2009 | Reply

  7. Is jy alkohol verslaafd , Het enigiemand dalk n raat wat sal werk.
    WEL ek het so paar rate om met julle te deel.
    EET ELKE OGGEND N GROOT LEMOEN , GEBRUIK WILSKRAG EN JY IS GENEES…….JY KAN OOK BAIE MEER LEMOENSAP DRINK AS JY LUS VOEL VIR DIE VOGGIES.
    Dit is natuurlik baie ongesond om so baie alkohol in te neem , en versmoor jou LEWER stadig maar seker.
    Stel n paar maatreels in jou sosiale lewe om minder alkohol in te neem en bly by dit.
    Wel Sterkte , en mag jy genees word.

    Stuur my beste groete aan jou lewer
    Groetnis
    FRik

    Kommentaar deur FriK | Maart 25, 2009 | Reply

    • Frik

      Wat maak mens met mense as jy bv mense werk gee en jy kom mondelings ooreen wat se werke gedoen moetdie ou gee n kwotasie vir jou maar spesifiseer nie presies alles gedoen gaan word nie en dan word net sekere werk gedoen.

      Ek gee toe die ou instruksie om die uitstaande werk te gaan en agterna hier kry ek nog n invoice.

      Dis mos nie reg nie. Gee raad wat moet ek maak.

      Kommentaar deur Dawie | April 24, 2009 | Reply

  8. FRIK JAMMER AS EK JOU WERK OOR GEVAT HET MET DIE INLIGTING, HET DIT NIE SO BEDOEL NIE. NET GEDINK EK LAAT JOU WEET (AL WEET JY DIT) DAT DIT WERK.

    Kommentaar deur ADELE | Maart 9, 2009 | Reply

  9. Ja aangesien julle nou uitgevind het dat om jou “geyser” aan en af te skakel werk sal ons nie uitbrei nie………..Wat wel ook krag bespaar is om al jou oud modiese gloeilampe te vervang met energie besparende gloei lampe wat jy orals op die rakke sal vind.
    En onthou as jy die energie besparende gloeilampe koop hoef jy vir die hoogste wattage te gaan nie , n 9Watt is goed genoeg vir n slaapkamer , in n kamer waar jy gereeld lees is n 20-25Watt nodig in kamers waar jy af en toe lees sal n 16Watt voldoen
    Ok dan lekker krag besparing vir julle wat n verskil wil maak
    Groetnis
    FrIk

    Kommentaar deur FriK | Maart 8, 2009 | Reply

  10. DAWIE

    WIL NET SE DIS DIE MOEITE WERD OM JOU GEYSER AF TE SIT, NIE ALMAL STEM SAAM NIE MAAR EK HET ALTYD N REKENING VAN R2800-R3000 GEKRY EN VANDAT EK MY (2) GEYSERS AFSIT VANAF 8UUR TOT 4UUR SPAAR DIT MY TUSSEN R800-R900 PER MAAND.

    SO EK WEET NIE OF FRIK SAAM GAAN STEM NIE MAAR EK HET DIE BEWYSE DAARVAN EK DOEN DIT SELF. BAIE MENSE SE DIT VAT DAN MEER KRAG OM DIE WATER WEER WARM TE MAAK MAAR IN MY GEVAL IS DIT DIE MOEITE WERD!!!!!!!!

    Kommentaar deur ADELE | Maart 6, 2009 | Reply

  11. Frik

    Wat is jou aanbeveling in terme van krag besparing. Ons wil graag krag bespaar maar het nie eintlik n idee hoe om dit effektief te doen nie. Moet darem die moeite werk wees. Is dit n goeie ding om die Geyser af te sit deur die dag?

    Kommentaar deur Dawie | Maart 6, 2009 | Reply

  12. Goeie genade Frik is jy nou n “raadgewer” ook. ja-nee net Dawie kan jou in so iets inpraat. Die blog is great.

    Kommentaar deur ADELE | Maart 4, 2009 | Reply

  13. BoereRaad van die week 28-02-2009

    Aambeie Ai tog!!!!
    Die anuskanaal is propvol klein aartjies. As hierdie are weens inwendige drukking of bloot irritasie weens sit soos ballonnetjies opswel en n gejuk , gebrand en soms self gebloei uitlok , pella dan het jy AAMBEIE
    MUISDORING ja Muisdoring krimp geswelde weefsel , Muisdoring (butchers broom) word beskou as n kruid met dieselfde uitwerking as toonbankpreparate teen aambeie. Dis n sametrekkende kruid wat geswelde aambeie laat krimp.
    Rita Elkins , meesterkruiekenner se dan so : Vat muisdoringtinktuur of poeier om salf te maak , Roer 10 tot 15 druppels tinktuur of poeier saam n kwart koppie byewas , wend dan ruimskoots aan die lastige plekkies.
    Jy kan dan ook vitamien E en aalwynjel saam die salfie voeg om inflamasie te keer of te help verlig , die salf kan dan so dikwels as nodig gebruik word.
    Gaan dan nou en roer daai Aambeie en onthou , Moenie krap waar dit nie jeuk nie.

    Sterkte maters
    Groetnis
    Frik

    Kommentaar deur FriK | Februarie 28, 2009 | Reply

    • Frik my oupa het druppende uitwendige aambeie wat kan mens maak met dit.

      Kommentaar deur Dawie | Julie 19, 2009 | Reply


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: