CARLETONVILLE.NET SKINDER BLAD

Just SAY your SAY!

POLITICS

Wat is jou opinie gaande ons politieke partye. Kan die ANC die land regtig regeer? Indien nie wie sal die gunsteling party wees?

Februarie 26, 2009 - Posted by | 1

2 Kommentaar »

  1. Baie mense beskou blykbaar diefstal en roof as heel aanvaarbaar, jy moet net beweer jy was daartoe gedryf deur honger, gebrek, apartheid of die waan dat jou oer-voorouers onderdruk was..
    Laat ons dus maar vandag oor ‘n paar sake reguit praat:

    ‘n Mens steel nie omdat jy honger of arm is nie – jy steel omdat jy skelm is.
    Niemand was nog ooit in hierdie land so volledig onderdruk soos die
    Afrikaner na die Tweede Vryheidsoorlog nie.

    Ons voorouers wat die oorlog en die konsentrasiekampe oorleef het, het na
    die doodse leegheid van vernietigde plase teruggekeer – uitgehonger,
    hartseer en verpletter. Maar hulle het nie geroof en gemoor en gesteel
    nie. Hulle het met harde werk, deursettingsvermoë en swaarkry so presteer
    dat hulle weldra nie net hulleself nie, maar ook hulle huidige onderdukkers, goed kon versorg.

    Toe hulle kinders in Engelse skole gestop is en gestraf is as hulle dit durf waag het om Afrikaans te praat, het hulle nie klippe gegooi en skole afgebrand en geweld gepleeg nie.
    Hulle het hard geleer, hulle eie CVO -skole gestig en uiteindelik bo uitgekom sodat die Afrikaner vandag vir niemand op akademiese, tegnologiese of wetenskaplike gebied terug hoef te staan nie.

    ‘n Mens moor nie omdat jy voorheen benadeel is of omdat jou werkgewer jou
    nie tederlik genoeg behandel nie – ‘n mens moor omdat jy ‘n barbaar is wat nie verdien om deel van die samelewing te wees nie.

    Na die Tweede Vryheidsoorlog het Afrikanermynwerkers absoluut geen regte
    gehad het nie en moes hulle gesinne met minder as ‘n hongerloon probeer
    onderhou. Maar hulle het nie bejaardes gaan doodmartel en gesinne
    uitgemoor nie.

    ‘n Mens word nie ‘n agtergeblewene omdat iemand anders nie genoeg vir jou
    doen nie. ‘n Mens word ‘n agterblyer omdat jy nie presteer nie. Niemand het die Afrikaner na die Tweede Vryheidsoorlog vooruit gehelp nie – ons het self gewerk en volhard om sukses te behaal.

    En elke ding wat ons het, het ons verwerf – apartheid het nooit plase en
    poste en posisies aan die Afrikaner uitgedeel nie.

    As alles altyd vir jou verkeerd loop sodat jy voel jy maak nooit enige vordering nie, is dit dalk ‘n goeie gedagte om op te hou soek wie anders as jy self vir al jou ellende verantwoordelik is. Ruk jou reg en presteer jouself in die voorspoed in.

    En dit geld vir ons eie mense ook. Net ons eie werk, prestasie en geloof gaan bepaal of ons as agterblyers in die vergetelheid gaan wegsink en of ons weer as trotse, beskaafde, gerespekteerde volk sal opstaan.

    Selfs in die nuwe Suid-Afrika is daar steeds geleenthede vir vindingryke,
    geesdriftige mense wat bereid is om hard te werk en vir hulleself ‘n toekoms los te spook.

    Mag die Afrikaner nooit pateties raak nie…

    Kommentaar deur Dawie | November 19, 2009 | Reply

  2. Die DA natuurlik….

    Kommentaar deur Trompie | Februarie 26, 2009 | Reply


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: