CARLETONVILLE.NET SKINDER BLAD

Just SAY your SAY!

ABSA, FNB, NEDBANK, STANDARDBANK

Het jy dalk onlangs n nare ondervinding gehad met jou eie bank by wie jy al die jare is en en hulle ryk gemaak het uit buitensporige bankkoste en rente. Praat jou hart uit hier……..

Junie 4, 2009 - Posted by | 1

5 Kommentaar »

  1. Dude, die banke is almal bankrot. Hulle het nie geld om uit te leen nie. Dis vermoedelik iewers aan een of ander fat cat as bonus uitbetaal.Gaan maak jou rekening toe en skuif dit elders.

    Kommentaar deur Neil | Junie 7, 2009 | Reply

    • Ek laat my nie vertel die Banke het nie geld nie. Waar kry die banke geld, van die reserwe bank af natuurlik buiten die van die beleggers, waar hulle weer op hulle beurt die reserwe bank terug betaal op die repo koers of misgis ek my nou?

      Hi Neil hoe het jy op die site gekom jy woon mos in die Kaap. Hoop dit gaan goed daar met jou en jou familie. Is regtig goed om van jou te hoor.

      Kommentaar deur Dawie | Junie 7, 2009 | Reply

  2. H1N1

    ja wag tot jy hulle nodig dan praat ons weer!!!!!

    Kommentaar deur ADELE | Junie 5, 2009 | Reply

  3. Ek los die banke uit en dan los hulle my uit

    Kommentaar deur H1N1 | Junie 4, 2009 | Reply

  4. AAN ABSA

    Ek wil graag my misnoee uitspreek op die manier hoe ABSA my as klient en my aansoek transaksie hanteer. Ek is vir jare al `n klient by ABSA en het hulle nog nooit in die steek gelaat nie of sleg betaal of glad nie betaal nie. Al my rekenings is by hulle soos my persoonlike rekening waar ek en my vrou in is, my krediet kaarte, platinum en goud, besigheids rekenings waarvan my krediet kaarte, petrol kaarte, trust rekening ens en Plus twee verbande wat ek lojaal betaal.

    Eerste keer vanaf ek by ABSA is (20 jaar plus) word my applikasie afkeur vir n rede wat ek nie verstaan nie en ook nie sal aanvaar nie. Ander rede wat hulle aanvoer is my besigheid toon n afwaartse daling die laaste tyd. Alle besighede wys afwaartse en opwaartse groei, nes ABSA BANK en duisende ander instansies. Ek het uitstaande transaksies van R150 000:00 wat nog moet in kom. My boekhouer se intregiteit word bevraagteken maar die beste is julle sit met al my bankstate op rekord, nog steeds weier hulle om my n tweede verband te gee. Elke maand gaan daar plus minus R40 000:00 in my rekening in.

    As hulle `n goeie klient wil verloor moet hulle by hulle standpunt bly en my weier. Die laaste applikasie wat ek gedoen het vir n huislening was my finansiele state nie eers gevra nie. My betaal strokie en persoonlike bankstate was voldoende.

    Ek sal nie skroom om al my rekenings oor te vat na n ander bank wat tenminste hulle kliente met die nodige respek sal behandel. Ek sal hulle los met die 2 verbande. Ek het seker nou nie miljoene in die bank om hulle af te dreig of om hulle af te skrik nie maar tenminste sal ek beter voel.

    Ek wil nie die geld he om kos te koop of n boot of karavaan nie.Ek wil die geld produktief aanwend om my omstandighede en situasie te verbeter. Ek het die aansoek gedoen via verband want ek het die geld dringend nodig en kan nie te lank wag nie en betaal minder per maand. My naam is vir my uiters belangrik, soos u my lojaliteit kan sien teenoor ABSA Bank. Alles is op rekord

    Die punt is die Banke is die groot oorsaak hoekom ons nou in `n ressessie is en nie n saak het met hulle kliente nie. Die kriteria wat hulle nou toepas is van so n aard dat jy n miljoener moet wees om R200 000 by hulle te kan leen.

    Julle banke moet begin bykom sodat ons ekonomie weer spoed kan vang vir die optraande wat voorle om net agterna die gemak te smaak van die aftraande. Hulle is die oorsaak van werksverliese, bankrotskap en armmoede in ons Land.

    Ons as jare lange kliente het julle nou nodig om die wa uit te stoot vir ons, moet nie die rug draai vir ons nie asb!!

    Kommentaar deur Anoniem | Junie 4, 2009 | Reply


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: