CARLETONVILLE.NET SKINDER BLAD

Just SAY your SAY!

COMMENTS ON LOCAL SCHOOLS

Gee Enige kommentaar gaande ons lokale skole in Carletonville, Fochville en Welverdiend oor Dissipline, sport, akedemie, onderwysers, gedrag. Skoolfondse ens. Positief of negatief.

Maart 6, 2009 - Posted by | 1

17 Kommentaar »

  1. Eerstens, selfone mag nie eers meer tydens pouses gebruik word nie. Ons Onnies doen regtig meer as wat ouers dink. Die regering vereis ongelukkig so baie admin werk by onderwysers dat hulle nie altyd ouers en onderwysers kan wees nie. Skole het dissipline stelsels om kinders die opvoeding te gee wat die huis nie altyd kan aanbied nie…soos buigbaarheid , morele waardes ens. Tog daag jong meisies met die kortste rompies
    op en n grimeerde gesiggie met gekleurde hare en tatoos en “piercings” wat die skool nie aanvaar nie by die skool op en as ons leerlingraads lede vra maak jou voorkoms reg , dan word hul aangekyk of hul ander tale praat, as onderwysers vra maak die voorkoms reg dan word daar niks gedoen van die leerder se kant af nie , sodra ons begin dissipline toe pas dan daag mammie of pappie op en wil almal dagvaar en rapporteer omdat hul kinders nie hoef by die stelsels te hou nie. So hou op kla as jy jou dogter of seun soveel toelaat dat hulle hul eie lewe op neuk en niks beters as hul graad tien sertifikaat bereik nie….

    Kommentaar deur Bernice | Januarie 13, 2012 | Reply

  2. Wat sal ek se. Of die swart smeerders het niks om te doen nie, of hulle hou van sensasie.
    Raak betrokke, gee om (possetief asb.) en ons bou dan ‘n beter opvoeding vir ons kinders.

    Kommentaar deur sherif | Augustus 11, 2011 | Reply

  3. Vir die ou wat so hengse bohaai maak oor wonderfontein jy weet nie waarvan jy praat nie die atlete het geoefen ons was self deur daarvan ons is matrikulante en kon nie n beter skool kies nie kry n beter lewe en as jy so ongelukkig is hoekom sit jy nie jou kind in n ander skool nie en as jy nie respek het vir ons skool nie het ons nie respek vir jou nie hou op glo wat jou kind kwyt raak en kom kyk self of dit so sleg is tel jou woorde jy gaan verlOor by wonderfontein hier staan ons saam en ons se dankie vir al ons amazing onderwysers jule is great

    Kommentaar deur michell coetzee en erika steyn | Augustus 11, 2011 | Reply

  4. En daar gebeur dit toe weer vir die derde jaar,rasse haat en onnodige gevegte by Callies en weereens (soos ek dit verstaan)begin deur van spelers van die Coke span (Hendrik jou standpunt sport bring dissipline het sopas verdrink).Callies het ‘n probleem met sommige leerders se swak dissipline en personeel wat altyd probleme probeer verbloem,dissipline begin by die huis,ouers moet verantwoording vat vir hulle engelties. Houop klippe gooi en ander blameer vir die probleem by die skool.

    DOEN IETS OMTRENT DIE PROBLEEM EN HOU OP OM SKEINHEILIG TE WEES.

    Kommentaar deur Jacobus | Oktober 11, 2010 | Reply

    • Jakobus jy redeneer nes die regering, enige iets wat te doen het met wit en swart word nou rasse haat genoem, het jy vir een oomblik gedink dit kon dalk net n gewone konflik tussen 2 partye gewees het? Tot die swartes volgend die Herald het dit beaam!!

      Die feit is dat skole nie meer omgee vir dissipline nie, gaan kyk na die laaities hulle hempde hang uit want dit lyk cool, ek kan hom by die huis se, steek in jou bliksemse hemp maar sodra hy om die draai is, is die hemp weer uit.

      Onderwysers pas nie eers die basiese beginsels van dissipline toe nie, ouers kan nie orals wees nie, wat word gedoen met kinders wat se hare lank is, kinders wat rook en seuns en meisies aan mekaar hang in die openbaar.

      Kinders se fietse en selfone word gesteel maar daar word nie eers n behoorlike ondersoek gedoen om die oortreders vas te vat nie. Wat se boodskap dra dit uit aan die kinders, hulle kan maar steel want die onnies doen tog niks omtrent dit nie. So ou Pel moet nie die ouers by die huis die blaam gee nie, daar loop alles gewoonlik smooth!!!!

      In my tyd was ons gemoer en goed ook!!!

      Kommentaar deur Dawie | Oktober 13, 2010 | Reply

  5. Ek kan nie glo daar is mense wat vir ander sê “hoe dom is julle regtig nie.” Roger besef jy hoe pateties dit klink om vir ‘n seun te sê dat hy hoofseun geword het omdat sy PA vir die hoof ‘n skaap gegee het???? En dan praat jy van dom… Regtig hoor….

    Die selfone wat gesteel word… Die reels by die skool is GEEN SELFONE WORD BY DIE SKOOL TOEGELAAT NIE. As jy as ouer jou kind toelaat om die reels te breek, waaroor moan jy as sy foon gesteel word? Jou kind breek dan die reels van die skool.

    Onderwysers kan nie altyd alles alleen doen nie, dis hoekom hulle die ondersteuning van ouers nodig het, en julle wat so kla oor die sport en alles, het julle al julle hulp aangebied om dit te probeer verbeter?

    Kommentaar deur Sanet | Mei 17, 2010 | Reply

    • Sanet

      Jy is verkeerd ek weet nie of jy dalk die lys van reels saam jou dra nie maar die reel is, die jy mag n foon by die skool he maar mag net in pouses gebruik word. Dis n noodsaaklike middel om jou ouers te kontak indien dit nodig is soos naskoolse aktiwiteite ens ens.

      Dis ook nie my werk om kinders af te rig by die skole nie jy kan ook net soveel doen en dis dit. Jy kom seker uit daai skool gin wonder jy verstaan nie so lekker nie …

      Kommentaar deur Roger | Mei 22, 2010 | Reply

  6. Diefstal is n’ groot kommer in al ons skole en dit is jammer dat Roger nie die antwoord gekry het wat hy wou hoor nie,dit is ook maar net sy storie,wat van die anderkant van die muntstuk. Dit wil vir my voorkom of Roger ook maar die mentalieteit het van n’ buffel as daar gekyk word na die belediging wat hy Rikus toesnou,dit laat my nou wonder of hy die skuld op die leerlingraad wil plaas? Wat wil Roger hoor? Was sy kind en die fiets regtig by die skool? n’Dief laat altyd een of ander leidraad,as die hek gesluit was waar is die slot of ketting waarmee die fietse gesluit was. Het hy die saak by die polisie aangemeld en wat was hulle bevinding.

    Dawie jy en Suzette vat aan n’ paar raakpunte,ek het nie kinders op skool maar as daar meer ouers betrokke by ons skole in Carlettonville is dan kan dit dalk weer word soos toe julle op skool was.

    Hendrik het jy al iets posetief tot jou skool bygedra of hardloop jy ook maar weg na n’ ander skool soos ons Afrikaanse nasie maar doen as hy nie sy sin kry.

    Callies,Wonnies,CJ moet nie die handdoek ingooi nie, julle het hardewerk voor julle en ek as n’ jarelange inwoner sal altyd julle ondersteun vir julle hardewerk,onthou daar sal altyd “Rogers” wees.

    Kommentaar deur Jacobus | Februarie 1, 2010 | Reply

  7. Rikus

    Jou PA het seker vir die hoof n skaap gegee om jou hoofseun te maak. Die issue hier gaan nie oor wat die ouer doen of wat die ouer nie doen nie. Die skool personeel versuim om dissipline toe te pas en dis niks met wat hulle toe gelaat word om te doen nie. Geen departement sal se as daar n fiets gesteel word of n cell foon dat hulle nie n ondersoek mag doen nie.

    Kinders word nie eers behoorlik geevalueer vir sport om te kyk wie verdien regtig sy posisie nie. Kom by boetman jy het nog baie om te leer, dis dalk jou skool gewees maar nou sien ek hoe dom is julle regtig……

    Kommentaar deur Roger | Januarie 11, 2010 | Reply

  8. Dit is lagwekkend om te sien wat hier geskryf word en hoe `n skool en sy personeel beswadder word!! Ek stem saam met Suzette hier! Die punt is die onderwysers mag net doen wat hulle toegelaat word om te doen met die stelsel wat LANDSWYD toegepas word!Ek was ook Hoofseun in 2009 en het gesien waar die foute lê, dit is beslis nie by die Personeel nie maar eerder by die ouer wat vir die kind `n sigaret aansteek wanneer sy haar kind by die skool kom oplaai!!

    Kommentaar deur Rikus | Januarie 6, 2010 | Reply

    • Dis seker vir jou lagwekkend Rikus maar dis ons wat elke keer n ander fiets moet koop n ander selfoon moet koop en die boodskap gaan uit dat dit maar fine is om n fiets te steel want daar gebeur niks nie. Die fondasies word neer gele in jou skool jare, dis die plek waar daar respek en agting vir ander mense goedere gekweek moet word. Ek was in Callies en glo my die tipe gedrag was nooit toegelaat nie en die Hoof het tenmisnte n moerse bohaai opgeskop of ondersoek span in gestel as iets soort gelyks gebeur. Kyk maar na hulle sport prestasies en die waarde wat die skool personeel daar insit, dit weerspieel net swak dissipline van die skool self se kant af ………

      Kommentaar deur Dawie | Januarie 11, 2010 | Reply

  9. Ek het nou gister als gehoor, die vraag is hoekom leer die afrikaanse onderwysers die engelse kinders? Hulle kan eers nie behoorlik engels praat nie maar hulle is daar. Gister kom my kind by die huis met groot oe….. ma moet hoor hoe praat die juffrou met die kinders … you bastard… f..off out of my class… wat se voorbeeld stel hulle vir die kinders?
    Ek is moeg vir die afr onderwysers as een van hulle so met my kind gaan praat is daar moeilikehid. Waar is die engelse onderwysers? Geen wonder die kinders het nie respek vir die onderwysers nie, want hulle het nie respek vir die kinders nie……

    Kommentaar deur Ronel | Mei 12, 2009 | Reply

  10. Suzette

    Dankie vir jou skrywe, die ding is, jy mis die punt. Ons is almal bewus dat die onderwysers sukkel om die nodige dissipline toe te pas na aanleiding van die lyfstraf wat weg geneem is. Ja dis nou n punte stelsel en detensie sit ens ens. My kinders is wel goed opgevoed en kry die nodige dissipline maar daar is ander elemente in die skool wat onse kinders af kraak deurmiddel van om hulle besittings te steel.

    Die ding dat die onderwysers nie die sake ondersoek nie dra by tot die aanvaarding van die tipe gedrag. Daar is geen verskoning vir onderwysers om diefstalle gelate te aanvaar nie. Ons het nodig om die kaf van die koring te skei en die boewe uit die skool te kry.

    Glo my, so n paar voorbeelde maak sal die kinders tot ander insigte bring. Hoekom dink jy is daar feitlik geen misdaad in Singapoer nie, want die regering het zero toleransie vir misdaad en as jy daar gevang word is dit of doodstraf of baie jare in die tronk.

    Jammer ek glo nie een van die skrywers het bedoel almal is ongedissiplineerd nie, ek is vol vertroue dat Wonderfontein wel puik studente oplewer soos onder andere jy. Baie sterkte met jou laaste jaar en hoop jy maak n reuse sukses van jou loopbaan.

    Groete
    Dawie

    Kommentaar deur Dawie | April 6, 2009 | Reply

  11. Ek is ‘n produk van Wonderfontein, en ek moet se ” ek dink nie ek het te sleg uitgedraai nie”
    Ek het 5 Jaar terug daar gematrikuleer 2004 (Hoofmeisie)en dit was die beste tyd van my lewe, wat ek veraltyd sal onthou!! Want ek het my kant gebring!!Dis mos wat jy van jou skool loopbaan maak. Ek is wat ek is vandag, omdat die onderwysers almal n stukkie van hulself vir my en elke skolier gegee het!!

    Jy gaan dieselfde probleme in enige ander skool kry, dis nie net wOnderfontein nie>>of dit nou diefstal, dwelms of swak dissipline is!! Moenie die skool of sy onderwysers blameer nie, hul doen net hul bes!!!

    EK IS GELEER DISSIPLINE BEGIN BY DIE HUIS..
    Vandag se kindertjies het te veel vryheid, doen net wat hul wil, en praat net soos hul wil met wie hulle wil!! Want as jy enigiets aan my doen- se ek my pa dan vat ons jou hof toe!!! Hulle het geen respek vir ouer mense nie!!!

    VIR ALMAL VAN JULLE WAT SO MOAN->GAAN GEE NET VIR EEN DAG SKOOL!!! dan kyk ons hoe stap jy anderkant uit… (Jy gaan definitief meer respek vir daai man of vrou he wat jou kind deur die dag oppas en iets probeer leer..) Raak betrokke by die skool en die kinders, woon vergaderings by, lig jou opinie.. Negatiwiteit gaan jou nerens bring nie.

    Ek wil ook net met hierdie geleentheid gebruik om dankie se aan al wonderfontein se onderwysers vir als wat julle vir ons doen en gedoen het!!! ( Juf Joubert, Juf Oberholzer, Juf Nel, Juf Oosthuizen, Juf Claasens, Mnr van Wyk, Mnr Potgieter, Juf van den Berg, Juf Roux, Juf van Niekerk, Juf Jones, Mnr Gronum, Juf Denner, Mnr Botes, Mnr Steyn,asook al die nuwe onderwysers wat na 2004 daar begin het!! )
    EK’s n finale jaar regsstudent deur Unisa en ek sou nooit sover gekom het sonder julle hulp en bystand nie!! Julle is Tops!!!

    Kommentaar deur Suzette | April 3, 2009 | Reply

  12. Ja my kinders is ook op Ho..erskool en diefstal is n groot probleem. Dit is asof die beheerraad van die skole nie wil betrokke raak nie.
    Met die geval doen niemand iets omtrent dit nie , dit is hoog tyd dat ons as ouers ingryp en dit verder vat, want meeste van die diefstalle word stil gehou. My Dogter se oefen skoene was gesteel twee dae nadat ek dit gekoop het , Daar was vir haar gese sy moet nie haar ouers vertel nie , want die skool sal sorg dat sy dit terug kry.
    Dit is nou ses maande later en almal het vergeet van die insident. Ek het eers weke na die gebeurtenis self agtergekom die skoene is weg.
    Wel…. volgende keer as dit gebeur maak ek n diefstal saak oop dieselfde dag

    Kommentaar deur FriK | Maart 25, 2009 | Reply

  13. Ek dink regtig Wonderfontein hoerskool kan beter dissipline toepas in hulle skool. Geen diefstalle word met die nodige aandag hanteer nie.

    Albei my twee seuns se fietse is al daar gesteel in 2 jaar en die een se selfoon is ook gesteel. Die fiets lootse word gesluit deur die dag en word deur die leerlingraad oop gesluit na skool. Die betrokke dag was daar geen tekens van slotte wat gebreek is nie en my seun se fiets self was gesluit binne die fiets loots.

    Soos dit vir my voorkom moet dit `n “insider” wees. Hoe moeilik is dit om so `n saak behoorlik op te los en die skuldiges te probeer uitvang.

    Geen diefstal klag is gehanteer deur die skool nie. Daar word net lee beloftes gemaak. Die sake word nie eers behoorlik ondersoek nie.

    Wat se beeld dra die onderwysers en Hoof uit na die kinders? “Dis reg ons mag maar steel want almal kom weg daarmee”

    Kommentaar deur Roger | Maart 12, 2009 | Reply

    • Ja Roger as jy na hulle rugby gaan kyk het op 7 Maart 2009 by Carletonville hoerskool sou jy `n beter prentjie gekry het van swak vertoning. Al Wonderfontein se spanne het verloor, verloor soos erg ver verloor.

      Dis net n tipiese voorbeeld van geen dissipline in die skool nie. Sport vir Wonderfontein is nie vir hulle belangrik nie.

      Kom ons kyk na hulle huis sport. Daar was nie eers huis sport gewees nie en die arme kinders is gekeur deur die vorige jaar se prestasies. Nood gedwonge moes hulle toe teen `n ander skool kompenteer sonder dat hulle nog enige oefening deur gemaak het. My seun se eerste sprong vir die jaar was die dag toe hy teen n ander skool moes meeding. Uit die aard van die saak het hy sommer die eerste ronde uit geval waar hy goed presteer het in die vorige jaar!!!!!

      Hoe onregverdig en onbillik is dit nie teenoor die arme kind nie.

      Sport is die fondasie van `n kind se vooruit gang en dissipline. Dit gee `n kind selfvertroue en respek teenoor ander mense.

      Kom by Wonderfontein!!

      Kommentaar deur Hendrik | Maart 12, 2009 | Reply


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: