CARLETONVILLE.NET SKINDER BLAD

Just SAY your SAY!

RONEL SE RESEPTE

Maart 17, 2009 - Posted by | 1

94 Kommentaar »

  1. Hi eks opsoek na n’resep vir calamari squid ringe wat nie te taai is nie soek dit nogals sagerig met die deeg op groot asb

    kommentaar deur Nicolien | Desember 5, 2013 | Antwoord

  2. hi my naam is lana ek is op soek na resepte soos bron wat jy met
    skaap aval kan maak my ma het altyd bron,silk ens gemaak met aval
    kan eimand my asb help my email adres is lanabadenhorst@hotmail.com
    asb ek sal dit waardeur as iemand my kan help

    kommentaar deur resepte hoe om bron,silk te maak van skaap aval | Augustus 29, 2012 | Antwoord

  3. Dankie vir die lekker resepte. Sal meer gereeld draai kom maak.

    kommentaar deur Roelof van der Merwe | Augustus 12, 2012 | Antwoord

  4. Ronel
    Help my ek soek `n bier boks koek resep en stap vir stap aanwysings om versiersel te maak botter of room my koeke breek uitmekaar of die koek is te sag of die versiersuiker te hard

    kommentaar deur Guisanta Paladino | Julie 19, 2012 | Antwoord

    • ek bietjie dom met die goed sal jy antw na my e-mail adres

      kommentaar deur Guisanta Paladino | Julie 19, 2012 | Antwoord

  5. Hi daar. Ek wil graag groente en vrugte op die natuurlikste manier moontlik droog, kan jy my dalk help asb. Juanita

    kommentaar deur Juanita | Julie 9, 2012 | Antwoord

  6. Dag se kan u my help en vir my se kan n mens n bierboks koek vir later gebruik vries en is dit moontlik
    By voorbaat dankie pieter

    kommentaar deur pieter | April 17, 2012 | Antwoord

    • Hi Pieter
      Ek dink definitief. Maak net seker hy is goed koud en afgekoel. Seel hom genoeg. Vries. Laat hy dan self ontvries en versier dan. X0x

      kommentaar deur Ronel | April 17, 2012 | Antwoord

  7. Hi Ronel,

    Hoekom bevat/ of is daar in sekere gedroogte vrugte presevver middel en of swaweldoiksied. Ek hel my dogtertjie met n taak. Hull e het n paar vrae om te antwoord en moet self die projek oor 10 -12 dae doen. Maak van gedroogte vrugte.

    Dankie. Andre

    kommentaar deur Andre | Februarie 18, 2012 | Antwoord

  8. Hi Ronel,
    Hoop jy kan my help ek soek ‘n resep vir Clams, Calamari, squid en seekos marinara wat ek as ‘n slaai kan gebruik vir hoof maaltyd verkieslik met pasta of rys. Ek weet glad nie hoelank om die calamari of die squid gaar te maak nie en wil iets anders vir die komende naweek voorsit in hierdie hitte. HELP asb!!!!!

    kommentaar deur Zelda | Oktober 23, 2011 | Antwoord

  9. Hi Ronel

    Ek soek ‘n broodpoeding- verkieslik een waar jy diebrood in kwarte sny met botter en konfyt op. en ander bestanddele sodat mens dit so in die oond kan bak (rosyne ook bygevoeg)

    Kan jy dalk so ‘n resep v my mail?

    kommentaar deur susan | Junie 7, 2011 | Antwoord

    • Hi susan
      Hier is ‘n lekker brood poeding vir jou, hoop dit is wat jy wil he…..
      Geniet dit

      Gewoonlik word rosyne in die broodpoeding gesit, maar my ma was glad nie lief vir rosyne nie. Dié poeding het in elk geval nie rosyne nodig nie.

      1 gesnyde witbrood
      Genoeg botter & appelkooskonfyt om die brood mee te smeer
      6 eiers, geskei
      12 eetlepels (180 ml) strooisuiker (my ma het my geleer: vir 1 eierwit – 2 eetlepels suiker)
      4 koppies (1 liter) melk

      Gebruik ’n diep oondbak wat ’n hele brood se toebroodjies sal vat. Smeer die toebroodjies met die botter en appelkooskonfyt. Hou heel. Pak die bak met die toebroodjies styf teen mekaar en selfs nog ’n tweede laag. Klits die eiergele en melk saam en gooi oor die brood. Bak in warm oond teen 180°C vir ongeveer ’n halfuur. Klits intussen die eierwitte styf en voeg die suiker lepel vir lepel by. Jy maak nou ’n lekker stywe meringue. Skep die meringue bo-op die broodmengsel en bak verder tot die meringue ’n mooi bruin kleur het. (Dit neem so ongeveer 10 – 12 minute.)

      Ek’s seker jy sal nie weer ’n ánder broodpoeding maak as jy eers dié een geproe het nie.

      kommentaar deur Ronel | Junie 8, 2011 | Antwoord

  10. Ek is opsoek na peperwortel plantjies. kan iemand my nood verlig!!!!, Dan wonder ek of daar nog iemand is wat Marog ken, amper iets soos spinasie. As iemand kan help sal ek n e-pos baie waardeer. mwrain@mweb.co.za. Indien iemand plantjies het sal ek die posgeld betaal en sal dit nie wonderlik wees om weer my eie peperwortel te maak nie.

    Lourens.

    kommentaar deur Lourens | September 14, 2010 | Antwoord

  11. Hi Soekie, jong hier op hierdie webblaai kook ons omtrent ‘n storm op, dis hoekom ons almal die kant so rond en gesond is….. hahahaha kyk bietjie terug tussen die resepte by no.9 het ek n lekker afval potjie se resep ingesit. Probeer hom gerus…..
    Lekker dag

    kommentaar deur Ronel | Augustus 23, 2010 | Antwoord

  12. Hi Ronel, Het oral gesoek vir ‘n lekker Aval resep soos Ma dit nog gemaak het en op jou webblad afgekom. Heerlike resepte gaan definitief daarvan probeer. Kan jy help met ‘n lekker afval resep asseblief.
    Groete
    Soekie

    kommentaar deur Soekie | Augustus 23, 2010 | Antwoord

    • Hi Soekie, jong hier op hierdie webblaai kook ons omtrent ‘n storm op, dis hoekom ons almal die kant so rond en gesond is….. hahahaha kyk bietjie terug tussen die resepte by no.9 het ek n lekker afval potjie se resep ingesit. Probeer hom gerus….. ek paste hom sommer weer vir jou..
      Lekker dag

      Afvalpotjie

      2 klompe skappens (goed skoongeskraap)
      water om in te kook
      250 ml halfsoet wit wyn
      sap van 1/2 suurlemoen
      sout en varsgemaalde swartpeper
      1 skaapnek
      6 groot uie (gekap)
      12 klein aartappeltjies
      25 ml matige sterk kerriepoeier
      2 ml rissiepoeier
      10 ml donkerbruin suiker
      asyn om mee aan te maak
      250 g droëperskes
      Sny pense in blokkies en plaas in driepootpot saam met water, wyn,
      suurlemoensap, sout, peper en skaapnek. Sit deksel op, plaas pot oor
      matig warm kole en laat koook tot inhoud sag is – ongeveer 3-4 uur.
      Wanneer pensblokkies sag is en vleis van nekwerwels afval, verwyder
      nekwerwels, voeg uie en aartappels by inhoud en kook nog 30 minute lank.
      Maak kerriepoeier, rissiepoeier en suiker met asyn aan en voeg saam met
      perskes by inhoud van pot. Sit deksel op en plaas weer op vuur vir 30
      minute. Roer goed om en dien op.

      kommentaar deur Ronel | Augustus 23, 2010 | Antwoord

  13. Hi Ronel, ek wil net vra of jy my kan help? Ek soek dringend na GRANNADILLA PULP resepte en hoe preseveer n mens grannadilla mousse, want ek het n paar grannadillas wat ek wil uit krap maar dit moet redelik lank in die yskas gehou kan word. Ek sal dit so waardeur as jy my met die probleem kan help.

    Baie dankie,

    Lorna.

    kommentaar deur Lorna Schaap | Julie 29, 2010 | Antwoord

  14. Hi Melodee ek is so bly dat jy ons website raak geloop het, as jy vir iets lus is gooi net vir my hier n briefie dan pos ek vir jou lekker SA boere resepte, geniet dit, groete

    kommentaar deur Ronel | Julie 13, 2010 | Antwoord

  15. So, kom ek vanaand op jou website af. Klaar gemerk as ‘n favourite en deurgestuur na my computer in Manila (Philippines). Dis darem lekker om vir ‘n troos lekker kos wat mens ken te maak. Die spinasiegereg gaan ek eerste beproef sodra ek weer grond vat in Manila.

    kommentaar deur Melodee | Julie 7, 2010 | Antwoord

    • Die spinasie gereg is uit die boeke uit

      kommentaar deur Ronel | Julie 13, 2010 | Antwoord

  16. Ria jy kan dit sommer in n pan ook sit wat jy gesmeer het en in blokkies sny……
    Enjoy

    kommentaar deur Ronel | Mei 31, 2010 | Antwoord

  17. Goeie more Ria
    Ek sommer vroeg op jou spoor op hierdie koue maandag oggend, daai besjuitjie fudge”Smudge” soos jou kiddies dit noem is darm lekker en die kinders geniet dit vreeslik ek het vir jou n wen resep….. hier is hy geniet dit en geniet jou vakansie

    BESKUITJIE FUDGE

    1 x 200g Marie Beskuitjies/Tennis Beskuitjies in stukkies gebreek
    1 x 250g Margarien
    1 eier
    Sif saam:
    75ml kakao
    500g versiersuiker
    1 handvol Amandels ek hou van neute of dis optioneel
    1 dop Kahlua of nachmusic of vanilla essence

    Metode:
    Smelt margarien. Voeg kakao en versiersuiker by. Roer. Klits eiers baie vinnig by. Haal van stoof af. Roer Kahlua by. Voeg koekies en amandels by. Laat stol ‘n rukkie in yskas.
    Rol in rolletjies in waspapier. Laat stol. Sny in skyfies en Hou in yskas.
    Geniet dit

    kommentaar deur Ronel | Mei 31, 2010 | Antwoord

  18. Hallo daar Ronel

    Het jy dalk ‘n “Smudge” resep?

    Dit lyk soos fudge maar is chocolate kleur en dit lyk of daar stukkies koekies of iets binne in is.

    My kinders noem dit smudge.

    Ek wil dit vir die vakansie maak

    Groete

    Ria

    kommentaar deur Ria Meyer | Mei 25, 2010 | Antwoord

  19. Hier is n Grilled Calamari steak maar sonder die “bread crumbs”

    Ingredients

    200gcalamari steaks
    1chilli finely cut
    15mlolive oil
    1juice of a lemon
    salt and freshly ground black pepper

    Method

    Cut carefully diagonally across the calamari steaks. Do not cut straight through. Heat oil and butter in a pan. Fry chilli for 30 sec and then the steaks for 2min on both sides. Add salt and pepper to taste and lemon juice.

    Enjoy!!

    kommentaar deur Ronel | Mei 14, 2010 | Antwoord

  20. Middag
    hier is die calamari steak se resep daar is twee….
    Geniet dit
    Groete

    kommentaar deur Ronel | Mei 14, 2010 | Antwoord

  21. Fried Calamari
    Ingredients

    3 cups Italian Style bread crumbs
    salt and pepper
    3 Eggs
    1 1/2 tablespoons of extra virgin olive oil
    grated fresh parmesan cheese
    1 fresh lemon
    4 large calamari Steaks 1/2 to 1 inch thick
    1 jar of marinara sauce
    1/2 Gallon Buttermilk
    Directions:

    Begin preparing the steaks by soaking the thawed steaks completely in the buttermilk in the fridge overnight for at least twelve hours. (Do not soak them longer than 24 hours.)
    In a flat bowl mix eggs and the salt and pepper.
    In another flat bowl, pour the bread crumbs.
    Heat the olive oil in a pan on medium low heat. (Note: Olive oil tends to smoke when it reaches high temperatures.)
    Dip each steak first in the eggs and then in the bread crumb mixture. Fry the steaks in the heated olive oil for no more than two minutes on each side. Specific time varies based on the thickness of the steak.
    Serve with sauce.

    Calamari Italiano
    Ingredients

    4 calamari Steaks
    4 large garlic cloves, thinly sliced
    extra virgin olive oil
    freshly ground pepper and sea salt
    panko bread crumbs
    1 lemon, quartered
    Directions

    Placing a steak on a cutting board, make four to six slits in each steak.
    Stuff each slit with one slice of garlic clove.
    Rub the steak first with the extra virgin olive oil, then lightly salt and pepper the steak.
    Cover each steak with panko and let stand for twenty minutes.
    Fry the calamari until browed on both sides.
    Slice and serve with lemon wedges and marinara.

    MARINARA SAUCE = Marinara (mariner’s) sauce is an Italian red sauce usually made with tomatoes, garlic, herbs (such as basil), and onion. [1][2][3] However, there are many variations. Some of these include the addition of capers, olives and spices. [

    kommentaar deur Ronel | Mei 14, 2010 | Antwoord

  22. Hi Debbie

    Hier is ‘n lekker brood poeding resep
    Vir broodpoeding is daar baie resepte, maar die een is van die beste wat ek al gemaak het.
    Bestandele:
    5 dikkerige snye witbrood
    1 lt melk
    5 eiers
    200gr (250ml) suiker
    25 ml vlapoeier
    5 ml vanilje geursel
    kaneel
    klontjies botter/margerien

    Metode:
    Verhit die oond tot en met 180 grade
    Smeer ‘n oondvaste bak van so 30x20x5cm
    Sny die broodkorsies dun af en week die snye in die melk tot goed sag.
    Maak die brood fyn en voeg dit by die melk waarin dit geweek het.
    Voeg die eiers, suiker, vlapoeier en geursel by en klits alles saam tot dit goed gemeng is.
    Giet die mengsel in die bak strooi kaneel oor en sit die klontjies margarine bo op.
    Bak die poeding ongeveer 30 min of tot gestol.
    Dit word stywer namate dit afkoel.
    Sit die poeding lou warm voor
    Lewer so +- 8 porsies.

    En geniet

    kommentaar deur Ronel | Maart 22, 2010 | Antwoord

  23. Hi Ronel

    Het jy asseblief vir my n lekker Brood Pudding resep.

    Groete
    Debbie

    kommentaar deur Debbie | Maart 18, 2010 | Antwoord

  24. Hi daar Christien
    Grenadellas sjoe dis nou n lekker vrug, jong daar is so baie dinge om te doen. koeke, terte, drankies ens. Die begin van dit is as jy te veel grenadellas het Gebruik ysblokkie-vriesbakkie en vries die oortollige moes. Hou in vrieskas tot benodig.
    Grenadella Yskastert
    BESTANDDELE:
    1 Blikkie ingedampte melk (Ideal Melk) verkoel in yskas vir dag.
    2 pakkies jellie (Pynappel en suurlemoen geur).
    1 Groterige blik fyn grenadellamoes.
    2 Pakkies Tennis beskuitjies.

    METODE:
    1. Maak die twee pakkies jellie aan met 1 koppie kook en twee koppies koue water. Sit in yskas dat dit afkoel.
    2. Klits die Ideal Melk styf en gooi die grenadellamoes daarin. Roer goed.
    3. Wanneer die jellie afgekoel is, gooi dit ook by die Ideal melk en grenadellamengsel.
    4. Pak die tennis beskuitjies uit in ‘n vlak tert bak. Verkieslik ‘n ovaal bak.
    5. Giet die grenadellamengsel daarin en sit dit in die yskas tot dit gestol het.
    Baie lekker vir ‘n sondag middag met ‘n koppie tee.
    ……………………………………………………

    Die volgende is ‘n baie lekker grenadella moes koekie resep!!!

    Ingredients

    * 90 g butter (1/4 cup + 2 tablespoons)
    * 1 egg yolk
    * 180 ml icing sugar (2/3 cup)
    * 30 ml corn flour (2 tablespoons)
    * 30 ml custard powder (2 tablespoons) or vanilla instant pudding powder if you don’t get custard powder
    * 250 ml cake flour (1 cup)
    * 125 ml self raising flour (1/2 cup)
    * 60 ml granadilla pulp (1/4 cup)
    * FILLING:
    * =======
    * Big slab white chocolate
    * grenadella pulp

    Directions

    1. Cream butter, sugar and egg yolk.
    2. Mix in the corn flour and custard powder.
    3. Stir in the cake- and self raising flour as well as the pulp.
    4. Mix well.
    5. Put in fridge for half an hour to rest.
    6. With a cookie press, press out desired for onto a greased baking tray.
    7. Bake at 180 deg C (360 deg F) for 15 -20 minutes until golden brown.
    8. Let it cool down completely.
    9. FILLING:
    10. =======
    11. Melt the chocolate in a double boiler.
    12. Stir in some grenadilla pulp.
    13. mix well.
    14. Place on flat side of cookie and put another cookie on top.
    15. Place in fridge to harden.
    16. Enjoy!!

    Die kinders gaan dit geniet……

    Hier is n lekker resep vir Persimmons
    Baked Persimmons With Muscat Wine And Creme Fraiche
    ngredients

    * 1 dry croissant (or 2 cups of any stale sweet bread)
    * 1/3 cup brown sugar – (packed)
    * 1/4 cup butter
    * 8 persimmons see * Note 1
    * 1 1/2 cup muscat wine
    * 2 cup creme fraiche see * Note 2
    * 1 cup whipping cream
    * 3 1/4 oz roasted chopped macadamia nuts
    * Fresh mint (optional)

    Directions

    1. Note 1: It is important to get the softest and ripest persimmons available. This will cut down on the cooking time and will result in a tastier dish.
    2. Note 2: Creme fraiche is available in most supermarkets, but sour cream may be substituted.
    3. Cut croissant into 1-inch cubes and bake at 250 degrees until dry enough to be processed into crumbs, about 20 minutes. Place in food processor and pulse to break bread into crumbs. Add brown sugar and butter and mix 1 more minute. Set aside.
    4. Peel and cut tops from persimmons. Scoop out white core, creating small cavity. Place persimmons in baking pan and add just enough water to cover base of pan. Cover persimmons with foil and bake at 350 degrees until persimmons are soft and fork-tender, 30 to 50 minutes, depending on ripeness of fruit.
    5. When soft, drain excess water from pan and drizzle persimmons with 1/2 cup Muscat wine. Place persimmons back in oven without any foil and bake another 5 minutes. Set aside.
    6. Bring remaining 1 cup Muscat wine to boil in saucepan and reduce to half. Set aside to cool. When cool, add creme fraiche. Whip cream to soft peaks. Fold into creme fraiche-wine mixture. Refrigerate to chill.
    7. About 10 minutes before serving, fill each persimmon with 1/2 tablespoon macadamia nuts and top with 1 tablespoon bread crumb-brown sugar mixture. Broil persimmons until top browns, about 5 minutes. Watch closely so top does not burn.
    8. Once brown, remove from broiler and transfer to serving platter. Top baked persimmons with Muscat cream and garnish with mint leaves. Serve immediately.

    Hoop hierdie help jou bietjie as daar nog iets is stuur maar vir my ‘n boodskap ek sal nou en dan nog resepte opsit oor grenadellas

    Geniet dit
    Groete

    kommentaar deur Ronel | Januarie 27, 2010 | Antwoord

  25. Hi Ronel,

    Ek is op soek na idees wat ‘n mens alles met grenadillas kan doen en ook waarvoor persimmons gebruik kan word. Hoop jy kan help!

    Dankie
    Christien

    kommentaar deur Christien Ackermann | Januarie 25, 2010 | Antwoord

  26. Your browser may not support display of this image.
    GEBRAAIDE AARTAPPELS MET SPEK
    700 G Klein aartappeltjies
    3 Eetl Olie
    1 Ui Fyn gekap
    1 Knoffelhuisie, gekneus
    1 Pakkie Spek, in blokkies gesny
    6 Sprietuie Gekap
    1 Eetl Vars pietersielie, gekap

    Kook aartappels vir 15 tot 20 minute in soutwater tot net sag. Dreineer. Trek velletjies af, maar as aartappels jonk is met mooi skille, kan dit aangelos word. Halveer aartappels in lengte. Verhit bietjie van olie en soteer ui, knoffel en spek tot gaar. Skep uit en hou eenkant. Braai aartappels in nog bietjie olie vir 10 minute of tot goudbruin. Skep ui en spek terug, voeg sprietuie en pietersielie by en soteer tot deurwarm. Sit warm saam met hoender voor.

    kommentaar deur Ronel | Desember 7, 2009 | Antwoord

  27. HOENDER-BROCCOLIGEBAK
    ½ Pakkie Spiraalpasta
    4 Blik Dubbeldik sampioensop
    1 Koppie Dikroom
    ½ Koppie Mayonnaise
    1 Teel Kerriepoeier
    3 Eetl Koljander, gekap
    1 Teel Hoenderaftrekselpoeier
    Sout en swartpeper na smaak
    6 Sprietuie, gekap
    6 Gaar Hoenderborsies, in repies gesny
    1 Gaar Broccoli, in blommetjies gebreek
    1 Koppie Vars broodkrummels
    1 ½ Koppie Kaas, gerasper

    Stel oond op 180C. Kook pasta in water met sout en bietjie olie. Dreineer en hou eenkant. Meng intussen sop, room, mayonnaise, kerrie, koljander, hoenderaftrekselpoeier, sout, peper en sprietuie. Roer hoender en broccoli by. Skep hoendermengsel in gesmeerde oondbak. Meng broodkrummels en kaas en sprinkel oor. Bak 25 minute en sit warm voor.

    kommentaar deur Ronel | Desember 7, 2009 | Antwoord

  28. BILTONG PATEE
    1 Ui Gekap
    1 Knoffelhuisie, gekneus
    Bietjie olie
    1 Pakkie Sampioene, in skyfies gesny
    500 Ml Fyn biltong
    1 Bakkie Laevetmaaskaas
    ½ Koppie Laevetmayonnaise
    2 Eetl Vars pietersielie, gekap

    Soteer ui en knoffel in olie tot sag en deurskyend en voeg sampioene by. Roerbraai tot sampioene sag is. Laat afkoel. Kap uiemengsel in voedselverwerker tot redelik glad. Voeg oorblywende bestanddele by en verwerk tot goed gemeng. Skep in geskikte bak of in twee of drie kleiner bakkies en verkoel. Sit saam met soutbeskuitjies of kaasstrooitjies voor.

    kommentaar deur Ronel | Desember 7, 2009 | Antwoord

  29. Basiese resep vir n Lamsvleiskerrie

    500g Lamskenkel, in skywe gesny
    500g Lamsbors, in porsies gesny
    5ml Botter
    5ml Kookolie
    1 Ui gekap
    15ml Kerriepoeier
    250ml Vleisaftreksel
    5ml Sout
    1ml Varsgemaalde swartpeper
    25ml Suurlemoen of asyn
    5ml Bruinsuiker

    Metode
    Braai vleis bruin in verhitte botter en kookolie. Voeg ui by en soteeer tot deurskynend. Voeg kerrie by en braai vir
    1 minuut. Voeg verhitte vleisaftreksel, sout, peper, suurlemoensap en bruinsuiker by. Verlaag hitte, plaas
    deksel op en prut vir 1 1/2 uur of totdat vleis sag is en sous verdik. ( 8porsies )

    kommentaar deur Ronel | November 6, 2009 | Antwoord

    • Hallo jong, ek wil ‘n resep maak wat soek vir lambsbors, wat word dit tog in ingils genoem ? Die joodese slagter hier waar ons bly ken nie van nie en google kan nie translate nie…dankie vir lekker resepte 🙂 Groete Johan

      kommentaar deur johan | Augustus 17, 2010 | Antwoord

      • Hi Johan ja nee wat is lekkerder as lamsboud, of skenkels, of of of….. lamsbors? lamsboud ja…. wel ek het ‘n heerlike resep vir lamsboud-leg of lamb…..

        Gevulde lamsboud

        30 ml olyfolie
        100 g spek, gekap
        1 ui, gekap
        1 seldery, gekap
        2 knoffelhuisies, fyn gekap
        100 g spinasie, gestoom
        125 g varkworsies
        1 sny witbrood, korsies verwyder
        50 g feta kaas, gekrummel
        30 ml vars, gekapte pietersielie
        30 ml vars, gekapte kruisement
        2 ml gedroogde roosmaryn
        10 ml gerasperde suurlemoenskil
        1 eier, geklits
        2 – 2,5 kg skaapboud, ontbeen

        Voorverhit die oond tot 160 grade. Verhit die olie en braai die spek oor medium hitte vir 2 minute lank, voeg dan die ui, seldery en knoffel by. Braai vir ‘n verdere 2 minute en voeg die spinasie by. Plaas die deksel op en verwyder van die hitte. Laat die stoom vir 5 minute sonder om die deksel te verwyder. Druk die vleis uit die wors. Week die brood in water en druk die oortollige water uit. Voeg die brood, kruie en suurlemoenskil by die wors. Geur dit goed met sout en peper. Sodra die spinasiemengsel n bietjie afgekoel het, roer dit by die wors mengsel en meng dit deeglik. Rol die boud oop en slaan dit sodat die boud ongeveer dieselfde dikte is regdeur. Smeer die vulsel eweredig oor die boud, rol dit op en bind dit vas met kombuistou. Plaas die boud, met die naat na onder op n oondrak in n oondbak en bak dit vir ongeveer 2 ure lank. Laat die boud rus vir ongeveer 15 minute voordat dit gesny word. ……natuurlik konings kos
        Lekker eet

        kommentaar deur Ronel | Augustus 17, 2010

  30. Joghurt-Tert/Poeding
    500ml Joghurt
    1 Pakkie jellie
    1 blikkie kondensmelk
    1 houer vars room [250 ml]
    Vars of ingemaakte vrugte.
    Grenadillamoes saam met Grenadilla
    Joghurt [opsioneel]
    Gebruik enige geur joghurt van jou keuse en gebruik dieselfde geur jellie.
    Suurlemoenjellie is veilig om saam met alle joghurts te gebruik aangesien daar nie alle geure jellies beskikbaar is nie.
    Meng jellie met 1 koppie kookwater en laat afkoel.
    Klits alle bestanddele goed saam tot romerig.
    Vir poeding:
    Gooi in bak en laat stol in yskas
    Vir tert:
    Pak beskuitjies of konfytrol (“jamroll”) in tertbak en gooi mengsel bo-oor en laat stol in yskas

    kommentaar deur Ronel | November 6, 2009 | Antwoord

  31. Het vandag eers regtig tyd gehad om bietjie hier te kuier!
    Sal defnitief die resepte probeer,en weer kom kuier.
    Sal net eers weer vir die roomkaas moet soek in die geweste(geooste)…ha-ha

    kommentaar deur Elsje | Oktober 22, 2009 | Antwoord

    • Goeie dag Welkom hier by my resepte
      dis goeie nuus dat jy na amper 1 jaar hier kom inloer, as daar enige iets is wat jy graag wil maak maar jou resep le hier in SA of le iewers anders en jy kan dit nie vind nie….. gee my net n mail of n reply hier en ek sit dit dadelik vir jou op….
      geniet dit
      groete ekke xxxxx

      kommentaar deur Ronel | Oktober 23, 2009 | Antwoord

      • Hello Ronel
        Ek soek dringend na n swiss roll resep.Ek het dit jare laas gebak.Die een met appelkoos konfyt op,Het jy dalk n lekkerder vulsel vir my asb ?Ek se vir jou voorlopig baie dankie.Yvonne

        kommentaar deur yvonne | Maart 16, 2012

      • Hi Yvonne
        hier is n lekker een jammer hy in engels

        3 eggs
        ½ cup caster sugar
        ¼ cup plain flour
        2 tablespoons cocoa
        1 cup cream
        1 tablespoon icing sugar (plus extra to dust)
        ½ teaspoon vanilla essence

        Directions:

        1
        Preheat oven to moderately hot (200c). Lightly grease a swiss roll tin (12 x 10inch)& line the base with baking paper, extending the edges over the two long sides.
        2
        Beat the eggs & 1/3 cup of the caster sugar with electric beaters until thick & creamy.
        3
        Using a metal spoon, gently fold in the combined sifted flour & cocoa.
        4
        Spread the mixture into the tin & smooth the surface.
        5
        Bake for 10 -12 mins, or until the cake is just set.
        6
        Meanwhile, place a clean tea towel on a work surface, cover with baking paper & sprinkle with the remaining caster sugar.
        7
        When the cake is cooked, turn it out immediately onto the sugar. Roll the cake up from the short side – rolling the paper inside the cake.
        8
        Stand the rolled cake on a wire rack for 5 mins, then carefully unroll & allow the cake to cool to room temperature.
        9
        Beat the cream, icing sugar & vanilla essence until stiff peaks form.
        10
        Spread the cream over the cake, leaving a 1/2 inch border all the way around.
        11
        Re-roll the cake (without the paper). Place the cake seam-side down onto serving tray.
        12
        Refrigerate until serving – dust with extra icing sugar before serving.
        13
        Cut into slices to serve.

        kommentaar deur Ronel | Maart 17, 2012

  32. SOETSUUR VARK ROERBRAAI

    500g varkfilet, in dun repies gesny 1 knoffelhuisie gekneus
    50ml tamatiesous 25ml sjerrie
    12.5ml heuning 12.5ml witwynasyn
    25ml sojasous 25ml sonneblomolie
    1 wortel, geskil en in repe gesny 225g preie, ontpit en in repe gesny
    1 rooi soetrissie, ontpit en in repe gesny 10g babamielies, gehalveer
    200g sampioene, afgevee en in kwarte gesny 410g blik pynappelstukke
    12,5ml mielieblom, opgelos in 12,5 ml water

    Marineer varkfilet vir 30 minute in die mengsel van knoffel, tamatiesous, sjerrie, heuning, asyn en sojasous. Verhit olie, haal vleis uit marinade en roerbraai vir 5 minute. Voeg wortels, preie, soetrissie, sampioene en babamielies by en roerbraai vir 5 minute. Meng res van die marinade, pynappelstukke met sap en mielieblom saam. Giet in pan en kook vir 5 minute tot sous effens verdik. Sit dadelik voor op rys.

    kommentaar deur Ronel | Oktober 15, 2009 | Antwoord

  33. LEKKER SATERDAG MIDDAG HAPPIES!!!!

    SOUTTERT

    5 snye wit/bruin brood (sonder korsies) gooi in kastrol
    3 k melk
    3 e botter
    kook bogenoemde

    Haal van stoof af en gooi by:

    1 Blik weenseworsies of bullybeef of Tuna
    1 ½ k kaas
    1 Ui – fyn gesny
    Rooipeper
    1 Pak bacon gesnipper – kan eers bietjie braai
    3 Eiers
    Pietersielie
    4 Eetl Tamatie sous

    Meng goed & bak teen 180° C.

    kommentaar deur Ronel | September 3, 2009 | Antwoord

  34. Sommer net ietsie vir die HART!!

    Happy Marriage Recipe
    3 cups love
    2 cups warmth
    1 cup forgiveness
    1 cup friends
    4 spoons hope
    2 spoons tenderness
    1 pint faith
    1 barrel laughter
    Combine love and warmth, Mix thoroughly with tenderness and forgiveness. Blend with friends and hope, sprinkle all remaining tenderness. Stir in faith and laughter. Bake with sunshine. Serve daily in generous helpings.

    kommentaar deur Ronel | Augustus 25, 2009 | Antwoord

  35. BILTONGSLAAI:
    Slaaisous:

    60 ml balsem-asyn 125 ml olyfolie
    1 knoffelhuisie, gekneus 5 ml suiker of na smaak
    5 ml Dijon-mosterd 1 stingel sprietui, fyngekap
    sout en varsgemaalde swartpeper

    Slaai:
    250 g klam, baie dun gekerfde biltong 375ml gerasperde cheddarkaas
    ‘n verskeidenheid blaarslaai om die slaai 3 agurkies, gekap
    op te rangskik 2 hardgekookte eiers, in skyfies gesny
    2 ryp avokado’s, in blokkies,besprinkel met
    suurlemoensap

    Plaas al die bestanddele vir die slaaisous in ‘n skroefdekselbottel en skud goed. Hou in die yskas tot benodig. Plaas die biltong en kaas in ‘n bak en voeg genoeg van die slaaisous by om dit goed klam te maak. Bedek en marineer ten minste ‘n uur (of selfs tot ‘n dag lank) in die yskas. Rangskik die blaarslaai op ‘n mooi groot plat slaaibord en pak die slaaibestanddele bo-op. Besprinkel liggies met van die slaaisous. Skep die gemarineerde biltongmengsel bo-op en sit die oorblywende slaaisous apart in ‘n klein bekertjie voor. Sit dadelik voor.

    kommentaar deur Ronel | Augustus 25, 2009 | Antwoord

  36. Cheesy Chicken, Bacon and Spring Onion Pasta

    Serves 4 | Preparation Time: 10 mins | Cooking Time: 20 mins

    Ingredients
    • 1 x 254 g box Knorr Mince Mate Three Cheeses
    • 300 g chicken, cubed
    • 800 ml hot water

    • 1 bunch spring onions
    • 200 g bacon, diced
    • 15 ml oil

    Instructions
    1. In a large frying pan, fry the chicken and bacon in oil
    2. Add the sachet of seasoning mix, 800 ml hot water, and the uncooked pasta and bring to the boil
    3. Reduce heat and simmer for 15-20 min, stirring occasionally
    4. Stir in the chopped spring onions

    kommentaar deur Ronel | Augustus 25, 2009 | Antwoord

  37. Geurige oondgebakte hoender en rys

    30 ml kookolie
    15 ml botter
    sout, swartpeper en gemengde kruie
    ongeveer 2 kg hoenderstukke, skoongemaak
    1 ui, opgekap
    2 huisies knoffel, gekneus
    2 soetrissies, rooi en groen, in repe gesny
    250 g sampioene, in skyfies gesny
    375 ml rou rys
    1 pakkie sampioenroomsop
    750 ml warm hoenderaftreksel (meer kan gebruik word, indien verkies)
    Voorverhit die oond tot 180°C en bespuit ‘n diep oondskottel met
    kleefwerende kossproei.
    Verhit die olie en botter tot warm. Meng die sout, swartpeper en kruie
    saam en sprinkel oor die hoenderstukke. Verbruin die hoenderstukke in
    olie-bottermengsel, skep uit en hou eenkant. Braai die ui, knoffel,
    soetrissierepe en sampioen-skyfies in die orige panvette vir twee
    minute. (Indien nodig, voeg ekstra olie by.) Voeg die rys by en braai vir
    ‘n verdere twee minute.
    Maak die sampioensoppoeier aan met ‘n klein bietjie koue water en klits
    die aftreksel daarby. Skep die rysmengsel en hoenderstukke in die
    voorbereide oondskottel en giet die warm soppoeier/aftreksel daaroor.
    Roer liggies deur, bedek met tinfoelie en bak in die voorverhitte oond
    vir sowat 80 minute tot die hoender en rys sag en gaar is. Pas die geur
    verder aan, indien nodig.
    Roer ‘n lekker handvol gekapte pietersielie by net voor opdiening. Sit
    voor saam met ‘n groente van jou keuse.
    Genoeg vir sowat ses mense.

    kommentaar deur Ronel | Augustus 25, 2009 | Antwoord

  38. sommer net ietsie vir die dag……….

    Daar is nie beter antibiotika vir die siel as die bos, en ‘n rivier met lopende water nie. Spandeer bietjie tyd langs lopende water en reflekteer oor jou lewe. Dink aan alles wat jou lewe beïnvloed, aan alles wat klaar ‘n merk gelos het, en aan jou drome. Stilte, sonder afleiding, bied geleendheid om jou lewe, jou menswees, in perspektief te beskou onder ‘n vergrootglas. Jy besef weereens dat jy nie in ‘n lugblasie lewe nie, en dat niemand beloftes gemaak het dat alles maklik gaan wees nie.

    Jy is nie die enigste klip in daardie rivier nie, en die water gaan aanhou om jou te vorm. Daardie water kan die vorm van geluk, hartseer, pyn of vreugde aanneem. Dit is die lewe, in beter perspektief.

    kommentaar deur ronel | Augustus 12, 2009 | Antwoord

  39. Monkey Gland Sauce Recipe

    This sauce has nothing to do with a monkey of a gland….who knows where the name comes from?

    I don’t. But I sure do enjoy it with a nice juice steak.

    1 large onion, finely chopped
    4 garlic cloves, chopped and crushed
    1 tablespoon fresh ginger, grated
    3-4 tablespoons oil
    1/2 cup chutney (fruity)
    1/2 cup tomato puree
    1 tablespoon soy sauce
    2 tablespoons mild prepared mustard
    2 tablespoons worcestershire sauce
    3 tablespoons ketchup
    5 tablespoons port wine or muscadel wine
    1/3 up chicken broth (chicken stock or meat stock)
    2 tablespoons red wine
    salt
    black pepper

    Fry the onions, garlic and ginger in the oil until the onions are translucent.
    Add the rest of the ingredients and let cook over fairly high heat for about 7 – 10 minutes, stirring often.
    Taste for seasoning: you might want to add 1/2 teaspoon sugar, enough salt, and freshly ground black pepper to taste.
    Can be served hot or cold with any roasted or grilled beef.
    The sauce will last 2 weeks in the fridge and can be frozen.

    kommentaar deur ronel | Augustus 5, 2009 | Antwoord

  40. Lekker Hoendergereg

    6 – 8 hoenderfilette
    7 aartappels, geskil en in skywe gesny
    1 pakkie sampioene, gesny
    2 uie, in skywe gesny
    1 pakkie bruin uie sop
    1 koppie warm water
    ½ koppie tamatiesous
    ½ mayonnaise
    ½ koppie blatjang
    3 eetlepels fyn knoffel
    ½ koppie rooiwyn
    250ml vars room

    Plaas die aartappelskywe en hoenderfilette in ‘n diep kastrol.
    Pak die sampioene en uie in lae oor die hoender, met ‘n sampioenlaag heel bo.
    Meng die oorblywende bestanddele (uitsluitend die room) in ‘n aparte bak en giet oor die inhoud van die kastrol.
    Plaas dit in ‘n 180°C voorverhitte oond vir 2 ure.
    Giet die room oor die gereg ‘n halfuur voor dit uit die oond gehaal moet word.

    kommentaar deur ronel | Augustus 5, 2009 | Antwoord

  41. Sommer net ‘n gedagte vir die dag!!

    “People are not lazy. They simply have impotent goals-that is, goals that do not inspire them”

    kommentaar deur ronel | Augustus 4, 2009 | Antwoord

  42. Hi Ronel,

    Ek benodig asb dringend ‘n lekker melktert resep. Kan jy help

    kommentaar deur Susanna | Julie 14, 2009 | Antwoord

    • Hier bo het ek sommer 2 gesit en ook nog n aarbeitert ook klink heerlik geniet dit
      groete

      kommentaar deur Ronel | Julie 14, 2009 | Antwoord

  43. KORSLOSE MELKTERT

    KORSLOSE MELKTERT

    4 eetl. margarien ( gesmelt )
    1 kop. suiker.
    4 eiers. ( geskei )
    2 tl. bakpoeier.
    1 kop. meelblom.
    4 kop. melk.
    sout.

    Smelt margarien en suiker. Klits goed. Voeg eiergele by. Klits goed.
    Voeg meelblom, bakpoeier en sout by. Klits goed. Voeg melk ge –
    leidelik by. Vou styf geklopte eierwitte by. Bak teen 180 Grade C vir
    45 minute. Sprinkel kaneel oor wanneer koud. Lewer 3 tertborde.

    kommentaar deur Ronel | Julie 14, 2009 | Antwoord

  44. kyk net die aarbei tert mmmmmmmmmm

    AARBEITERT

    Bestanddele :
    1 rolkoek.
    1 blik kondensmelk.
    1 houertjie fyn volroom maaskaas.
    125 ml. suurlemoensap.
    1 middelslag blik aarbeie.

    Metode :

    Sny rolkoek in skywe en pak in glasbak. Skei aarbeie en sous van
    mekaar. Gooi klein bietjie van sous oor rolkoek. Meng melk, maas –
    kaas en sap en gooi bo – oor koek. Pak aarbeie bo – op. Maak res
    van sous warm en laat afkoel. Maak 15 ml. vla aan met bietjie warm
    water en meng met sous. Gooi bo – oor aarbeie. Plaas tert in yskas.

    kommentaar deur Ronel | Julie 14, 2009 | Antwoord

  45. Vinnige Melktert resep

    Dit maak 2 ronde gewone silwer voelie bakkies vol of anders die gewone glas vierkanttige tertbakke vol. Gebruik n kors van jou keuse. Hy het nie n spesifieke een nie.
    Benodighede
    1 Blik kondensmelk
    50 ml Mesina
    50 ml Vlapoeier
    1 Eier
    1 L Melk
    Essense(Vanilla)
    Kaneel
    Gooi die blik kondensmelk in n pot en maak die lee blik vol melk in gooi saam met die kondensmelk. Gooi altesaam 3 blikke melk saam met die 1 blik kondensmelk. Roer aanmekaar tot kook. Vat die laaste melk en meng dit saam met die eier,vlapoeier en Mesina. Sodra die melk/kondensmelk gekook het gooi die laaste melk mengsel met vla ens. by. Maak seker jy roer deeglik. Dit is geneig om vinnig vas te brand. Roer vir so 8 min en gooi die essense by.
    Nou kan jy die mengsel in jou bak gooi en dadelik kaneel oorgooi. Los vir so rukkie buite totdat dit afgekoel het dan kan jy dit in die yskas sit.(Maak asb. net seker dat die mengsel n bietjie dukker geword het voordat jy dit oorgooi.)
    Die tert stol vinnig. Wat ek gewoonlik doen is ek kook die kondensmelk en melk in die begin in die mikrogolf dan hoef ek nie aanmekaar te roer nie en dit brand ook nie vas nie. Ek maak net seker dat dit nie oorkook nie.

    kommentaar deur Ronel | Julie 14, 2009 | Antwoord

  46. Hier is vir Petro ‘n lekker spinasie gereg
    Vir die Popey familie hahahahah

    SPINASIEGEREG

    1 Rol blaardeeg
    1 Pak spinasie
    250ml suurroom
    2 Fetakaas sirkels
    ½ pak ‘bacon’
    swartpeper
    meel

    Voer die bak uit met deeg. Sny spinasie en kook vir 10 minute. Dreineer baie
    goed. Braai ‘bacon’. Gooi by spinasie en suurroom. Brokkel fetakaas binne
    in spinasiemengsel. Verdik met meel (ongeveer 2 opgehoopte eetlepels).
    Skep in deeg. Bak 20 min by 200°C.

    DIT IS VREESLIK LEKKER

    kommentaar deur Ronel | Julie 13, 2009 | Antwoord

  47. More
    Het ek nou sondag ‘n lekker poeding gemaak en so maklik en pas die sak net reg…….. ons noem hom sommer die ARM MANS POEDING hier is hy!!

    ARMMANSPOEDING

    3 kop Meelblom
    3 teel Koeksoda
    3 eetl Margarine
    1 kop Melk
    3 eetl Gouestroop
    Sout
    Smelt botter en stroop saam, laat afkoel. Los koeksoda in melk op en roer in. Sif meel en sout in en meng deeglik.

    STROOP:
    Kook 3 kop suiker, 6 kop kookwater, 1 eetl gouestroop en 1 eetl botter in ‘n groot kastrol. Skep lepelsvol deeg in warm stroop en laat opkook. Plaas deksel op en laat 1 uur lank stadig kook. Indien verkies, kan 1 eetl gemmer bygevoeg word vir smaak.
    Dit is presies soos ek onthou my masin geproe het…
    Geniet dit ps: dit hoef nie net sondag se poeding te wees nie sommer in die middel van die week sal ook werk!!

    kommentaar deur Ronel | Julie 13, 2009 | Antwoord

  48. OATS KOEKIES

    2 k meel
    4 k oats
    2 k klapper
    2 k suiker
    250 g margarien
    3 t stroop
    2 t koeksoda

    Smelt botter & stroop (moenie kook nie net smelt)
    Voeg koeksoda by
    Meng die droeë bestanddele saam
    Gooi stroop by droë bestanddele
    Gooi in ‘n oondpan en druk vas
    Bak vir ± 10 – 15 min teen 180° C
    Haal uit en sny dadelik

    Geniet!!

    kommentaar deur Ronel | Julie 13, 2009 | Antwoord

  49. Hi Alta
    Skurwe jantjies! as ek dit reg het, is dit die oats koekies?
    se net dan gee ek vir jou die regte egte skurwe jantjies resepie, is by die huis vandag maar sal definitief vir jou more hier op sit…… geniet maar die koue c/ville tot more toe lekker dag
    Ronel

    kommentaar deur Ronel | Julie 9, 2009 | Antwoord

    • Ag Alta jy moet maar so n bietjie geduldig wees Ronel is maar een van die stadige mense maar sal dit wel iewers in die jaar dit vir jou stuur………

      kommentaar deur Dawie | Julie 10, 2009 | Antwoord

  50. Hi Ronel, ons is nuwe intrekkers hier in Welverdiend. Dis nogal lekker koud hier by julle. Ek is opsoek na ‘n resep vir “skurwe janjies”. My ouma het dit altyd gemaak en nou weet ek nie waar om ‘n resep daarvoor te kry nie.

    Lekker dag.
    Alta Els

    kommentaar deur alta els | Julie 5, 2009 | Antwoord

  51. hier is ‘n gebakte kaaskoek!!

    Gebakte Kaaskoek Met Suurroom
    Kors
    1 Pak Marie-Beskuitjies, En Fyn Gedruk
    125g Botter, Gesmelt.
    Vulsel
    3 Eiers
    125ml Strooisuiker
    5ml Suurlemoensap
    250g Roomkaas
    125ml Suurroom.
    Versiering
    125ml Vars Room, Geklits
    Vars Vrugte (Soos Druiwekorels).
    Kors
    Meng Beskuitjiekrummels En Botter. Druk Dit In In ‘N Tertbak Met
    Deursnee Van 24cm.
    Vulsel
    Klits Eiers En Strooisuiker Tot Lig En Romerig. Voeg Suurlemoensap By.
    Vou Die Room Kaas En Suurroom By. Gooi Dit In Die Beskuitjiekors En
    Bak Vir 40 Min. By 160 C Totdat Dit Gestol En Goudkleurig Is. Verkoel
    En Versier Met Room En Vrugte.

    kommentaar deur Ronel | Junie 29, 2009 | Antwoord

  52. hallo daar NEE ons bak nie die kors nie, kry so baie verskillende kaaskoeke met verskillende bestandele soos ekstra strawberries of kiwi maar hier is die lekkerste een geniet….

    Kaaskoek
    Kors:
    25 Gemmerkoekies Of 1 Pakkie Tennisbeskuitjies.
    100 G Gesmelte Botter
    Meng Koekies En Botter En Druk In ‘N Pan Met ‘N Uithaal Bodem Om
    Korslaag Te Vorm. Laat Afkoel In Die Yskas.
    Kaasskoekvulsel:
    25 Ml (5 Teelepels) Gelatien.
    4 Eetlepels Water.
    Bedek Gelatien Met Water En Laat Staan Sodat Dit Kan “Spons”
    Plaas 2 Houers Roommaaskaas In ‘N Bak En Meng. Voeg By Die Sap En
    Fyngeraspede Skil Van ‘N Groot Suurlemoen. Voeg 5 Ml Vanieljegeursel
    By. Meng 3 Eiergele Met 200 Gram (1 Koppie) Strooisuiker In ‘N Bak –
    Totdat Dit Soos Room Lyk – Voeg Dan By Die Kaasmengsel.
    Klits 250 Ml Room Liggies En Voeg By Die Kaasmengsel.
    Mikrogolf Die Gelatien Op Medium Krag Vir 2 Minute En Voeg Stadig By
    Kaasmengsel En Meng Totdat Al Die Gelatien Deeglik In Die
    Kaasmengsel Gemeng Is.
    Gooi In Pan Met Kors En Laat Stol. Versier Met Vars Vrugte En Room
    Indien Verkies.

    kommentaar deur Ronel | Junie 29, 2009 | Antwoord

  53. Hallo Daar Ronel
    Gee n bietjie daar n resep vir n kaas koek, en stuur dit aan na die mense van die middel ooste, die een wat so kook soek n neter resep.
    Bak n mens n kaas koek, of net die kors?

    kommentaar deur TCJVR | Junie 26, 2009 | Antwoord

  54. Grappie vir die dag!!

    “What did one saggy boob say to the other saggy boob?……… We better get some support before people start thinking we’re nuts!!!”

    kommentaar deur Ronel | Junie 25, 2009 | Antwoord

  55. Hahahaha dit was nou briljant Frik!!! Is lekker om so nou en dan n lekker humor tussen die bakpoeier en deeg te he ook.

    kommentaar deur Dawie | Junie 21, 2009 | Antwoord

    • Ja nee humor het nog nooit iemand skade aan gedoen nie….. net jammer mense lag so min lekker dag

      kommentaar deur Ronel | Junie 22, 2009 | Antwoord

      • sommer net iets vir die dag!!!!

        The world is wide, and I will not waste my life in friction when it could be turned into momentum.

        kommentaar deur Ronel | Junie 22, 2009

  56. Man ga ek toe op die tarentaal gejaggery .nou laas weak nadat ek die resep onder ooee gehad het , vat ek toe my pyl en booog want sien jy mag mos nie meer vuurwapen lisensies koop nie . Nou vir die dortigheid vat ek toe ook sommer daai groot OBS met die vark oortjie……dis mos allermins in die mittel van die winter jy sien , Man kom ek daar by die Oom op die plaas net buitekant onse dorpie met my boog en pyle , ek hoef mos nou nie te ver uit die dorp te ga nie want ek jag mos geluidloos saam met die pyle , Man ek is toe ook windgat en gebruik toe sommer my bromponie vir die jag trippie.

    Alles gebeur te lekker volgens beplanning…..die jaggery……Man die Omie vra toe vir my “BROER”….het jy al ooit n tarentaal geskiet met jou boog en pyle…..waarop ek toe antwoord en vir hom begin te vertelle van my boog gekiedenis ….my Oom …..se ek…ek was in 1983 in drie kategoriee eerste tweede en weer eerste in die boog skietery daar in die ou noord transvaal doerie tyd …..ek het toe die boog weg gebere vir al die jare want ek kon mos gewere gehad het net soveel ek wou.

    Nou se tyd moet jy aansoek doen en weer aansoek doen vir lisensies wat jy al reeds het…jy sien , dan beteken dit ook nie dat jy nou gevrywaar is nie ..Nee!!! jy moet nou eweskielik nog gaan vir training by een of ander instansie waar die eienaar van die winkel of n broer in die parlement het of te gevaarlik is om hom in die straat te laat los laat of hy is te bossies van die 25jaar se oorlog in Angola en hy kry nie ander werk nie……en hy so diep in die burgermeester se gat opgekruip het dat net sy “shoe laces “uitsteek en of die burgermeester is bang vir hom………..Man na die storie wat toe nou so halfpad is word ons toe so gesamentlik dors en ek trek toe die vark oortjie nader.

    Soos dit toe maar is skuif ons toe nader onder die naaste wilgerboom en ek en die Oompie trek n tak nader om te sit.
    ……..die varkoortjie is toe ook al skuins verby die halfpad merk en ons tonge raak al losser …….naderhand vra die Oom my toe hoe die gedoente van n boog nou eintlik werk………ek begin hom toe te vertel en wys hom n paar demonstrasies , min weet ons dat die tarentale daarvan hou om te kom slaap in die wilgerbome………..

    Ek raak toe lateraand meer op my gemak van die varkoortjie dat ek die boog toe sommer lewendig maak met n PYL…..Die Oomie raak toe half ongemaklik want hy het al baie gevalle gesien in sy lewe………..Man ek trek toe oor om hom nou mooi tou wys te maak………..en daar kry ek n verslappering in die spiere,seker maar van die varkoortjie wat nou al ver verby die kwart merk is……….Man die skoot gaan af en net met genade van bo het ek in die lug gemik op daai stadium en die pyl vuur af deur die wilger……….dit was nie 16 sekondes nie of hier kom tarentaal deur die wilger takke gevleg.

    Eers kyk die Omie met sulke verslae ooee op my neer en toe se hy Broer maar lyk vir my die ding kan werk.
    Ek wou ook eers amper uit my keel uitroep lelike woorde want ek doen so as ek groot skrik………toe sien ek eers waaroor die dinge is………Ek vat toe die tarentaal wat nou verwoed rondskop want hy bloei soos n vark…..maar was nie lank nie toe le hy gesneuwel…..jy sal my nie glo nie die pyl het hom duskant die foefernol aan die bokant getref , regdeur sy vel op die rugkant gekloof tot by sy nek waar hy deur die gorrel geskeur het (dis waar al die bloed vandaan kom toe) sy vel het oopgeval soos jy nou n piesang sal skil , ek moes net die binnegoed uithaal……..

    Toe volg ek die resep soos BO en wil net graag iets aanhaal wat skort met die resep die tarentaal proe baie betar as jy die vel ook afhaal.
    Baie dankie vir die resep en geniet die tarentaal bredie

    kommentaar deur FriK | Junie 17, 2009 | Antwoord

  57. Fyngestoofde Tarentaal

    1 kg tarentaal of haas of wildsbok
    25 ml vet of olie
    150 gr spek, in blokkies gesny
    1 ui fyngekap
    2 seldery stingels fyn gekap – opsioneel
    25 ml suurlemoensap
    10 ml sout
    2 ml pepper
    250 ml kookwater
    3 lourierblare
    12 peperkorrels
    6 naeltjies
    25 ml koekmeelblom
    50 ml portwyn

    1. Sny of saag die vleis in stukke. Verhit die vet in ‘n kastrol met ‘n dik boom. Braai die vleis en spek tot bruin.
    2. Voeg die ui, seldery, suurlemoensap, sout en pepper en water by.
    3. Bind die lourierblare, pepperkorrels en naeltjies in ‘n stukkie kaasdoek en sit by die vleis. Kook stadig totdat die vleis sag is. Seker so +- 2ure
    4. Haal al die bene en die sakkie met geurmiddels uit.
    5. Maak die meelblom met die wyn aan, roer dit in die vleis en kook totdat die sous dik word.

    Enjoy!! Geniet

    kommentaar deur Ronel | Junie 10, 2009 | Antwoord

  58. hoekom sien ek nie ander se comments nie?

    kommentaar deur Ronel | Junie 5, 2009 | Antwoord

    • Probeer jou brille dalk opsit…..

      kommentaar deur Dawie | Junie 7, 2009 | Antwoord

  59. PS: BY DIE VULSEL BRAAI ALLES SAAM EN LAASTE DIE CHUTNEY

    kommentaar deur Ronel | Mei 13, 2009 | Antwoord

  60. MINCE ROLL

    30 ml olie
    400 gr maalvleis
    1 ui opgekap
    200 ml chutney( mrs. Balls)
    garlic — dis nou knoffel
    sout en pepper
    30 ml pietersielie

    DEEG

    500 ml self raising flour
    2 ml salt
    5 ml suiker
    30 ml margarine
    125 ml gerasperde kaas
    1 eier
    125 ml melk
    eier of melk om bo oor te smeer

    Metode

    Vir die vulsel:
    Braai die maalvleis, ui en garlic saam
    Voeg die chutney by en los bietjie eenkant om af te koel.

    Deeg:
    Sif die meel, sout en suiker saam. Vryf die margarine in en voeg dan die kaas by.
    Klits die melk en eier saam en voeg by die droe bestandele.
    Meng tot ‘n lekker sagte deeg. Rol die deeg uit so ongeveer 20x30cm.
    Skep die maalvleis bo-op en rol hom op soos ‘n swiss roll.
    Sit op ‘n gesmeerde bak plaat, smeer bietjie eier of melk bo-oor, maak ‘n paar gaaitjies in die degg en bak
    180*C +- 40 min.
    Geniet dit saam ‘n lekker groen slaai

    Geniet!

    kommentaar deur Ronel | Mei 13, 2009 | Antwoord

  61. JA Frik wat van ma se Visgereg, bobotie, lasagne, frikkadelle, en natuurlik my eie mince roll is uit die boonste rakke uit
    ek sal ‘n paar gooi…… geniet

    kommentaar deur Ronel | Mei 13, 2009 | Antwoord

  62. PAMPOEN POFFERS
    dit noem ek myne

    750 gr gaar pampoen
    2 eiers
    5 ml sout
    500 ml self raising flour
    15 ml bakpoeier
    2 kop olie

    METODE
    Klop gaar pampoen, eiers en sout saam.
    Sif meel en bakpoeier saam en meng met pampoen tot ‘n sagte deeg. Verhit die olie en bak lepels vol

    STROOP

    500 ml suiker
    1 kop water
    1/2 kop melk
    30 ml margarine
    2 teel mazina
    METODE VIR STROOP
    Kook alles saam behalwe die mazina.
    Meng mazina met water tot paste en roer by stroop
    Gooi oor die warm poffers

    EN DAN MY VRIENDIN EET JY NIE TOT JY VOL IS NIE MAAR EET TOT JY MOEG IS….

    kommentaar deur Ronel | Mei 13, 2009 | Antwoord

  63. Hi Ronel
    In vandag se gejaag na werk en swak ekonomie , duur voedsel pryse , eet n mens vreeslik ongesond. Maar jy weet as jy gesond wil eet kos dit jou baie geld. Wat van n verskeidenheid vinnige goekoop gesonde disse , Dankie dat jy so vinnig reageer

    kommentaar deur FriK | Mei 13, 2009 | Antwoord

  64. Skaapskenkelpotjie

    100 ml olie 2 kg skaapskenkels
    ‘n halwe groen soetrissie, gekap 1 groot ui, gekap
    2 knoffelhuisies, gekneus 6 swoerdlose spekrepe, gekap
    2 middelslag tamaties, gekap 2 biefekstrakblokkies
    sout en swartpeper na smaak 250 ml witwyn
    250 ml kookwater 5 wortels, geskil, in skywe
    gesny
    12 klein aartappeltjies, gewas 5 murgpampoentjies, in skywe
    400 g sampioene.
    Verhit olie en braai vleis tot bruin. (Hoe bruiner die vleis gebraai word,
    hoe bruiner en ryker sal die sous wees.) Voeg die groenrissie, ui, knoffel
    en spek by en braai tot begin verbruin. Voeg tamaties by en roerbraai vir
    5 minute. Voeg biefekstrak, geur- middels, witwyn en kookwater by en
    prut vir ‘n uur. Voeg wortels en aartappels by en laat vir 20 minute prut.
    Voeg laastens die murgpampoentjies en sampioene by en laat vir 15
    minute prut. Vul vloeistof aan, indien nodig.
    Wenk: Moenie potjie tydens gaarmaakproses roer nie. Sit voor met rys,
    koring of potbrood.

    Nou die is nou Konings kos!!!!

    kommentaar deur Ronel | Mei 12, 2009 | Antwoord

  65. Skaapskenkelpotjie is natuurlik my gunsteling ekke eet nie afval nie sies!!

    kommentaar deur Ronel | Mei 12, 2009 | Antwoord

  66. Afvalpotjie
    2 klompe skappens (goed skoongeskraap)
    water om in te kook
    250 ml halfsoet wit wyn
    sap van 1/2 suurlemoen
    sout en varsgemaalde swartpeper
    1 skaapnek
    6 groot uie (gekap)
    12 klein aartappeltjies
    25 ml matige sterk kerriepoeier
    2 ml rissiepoeier
    10 ml donkerbruin suiker
    asyn om mee aan te maak
    250 g droëperskes
    Sny pense in blokkies en plaas in driepootpot saam met water, wyn,
    suurlemoensap, sout, peper en skaapnek. Sit deksel op, plaas pot oor
    matig warm kole en laat koook tot inhoud sag is – ongeveer 3-4 uur.
    Wanneer pensblokkies sag is en vleis van nekwerwels afval, verwyder
    nekwerwels, voeg uie en aartappels by inhoud en kook nog 30 minute lank.
    Maak kerriepoeier, rissiepoeier en suiker met asyn aan en voeg saam met
    perskes by inhoud van pot. Sit deksel op en plaas weer op vuur vir 30
    minute. Roer goed om en dien op.

    kommentaar deur Ronel | Mei 12, 2009 | Antwoord

    • Kan ek maar die resep vertaal en dit of my website sit? Ek sal terug link hiernatoe.

      kommentaar deur Neel | Mei 14, 2009 | Antwoord

      • Ja natuurlik, all yours!!

        kommentaar deur Dawie | Junie 4, 2009

      • yes verseker !!! go for it!!

        kommentaar deur Ronel | Junie 5, 2009

  67. Jammer ,nou kan ek ook nie meer spel nie. maar ek het eintlik bedoel …pampoenkoekies!

    kommentaar deur Ina | Mei 11, 2009 | Antwoord

  68. Hallo Ronel ,
    ek verstaan jy het hierdie naweek ‘n paar interessante resepte probeer. Party rou en party gaar.(hiehiehie)Die rou ene kan jy maar los, maar ek soek die heerlike papmponkoekie resep asook die gewilde, veelbesproke tert wat voorgesit is.
    Dankie , ek waardeer.

    kommentaar deur Ina | Mei 11, 2009 | Antwoord

  69. Hi Ronel
    Ek sukkel bietjie met vetkoek , kinders kuier hier by my .
    Soek n vinnige resep wat werk vir regte boere vetkoek.
    Dankie , Groete

    kommentaar deur Rika | April 27, 2009 | Antwoord

    • Hi Rika ai man ek so jammer ek antwoord nou eers, maar soos hul se eerder laat as nooit……
      Ek het ‘n baie vinnige lekker beroemde Vetkoek resep my ma sinne…. hier is hy

      VETKOEK

      1 Kg Koekmeel
      3 teelepels suiker
      1 pakkie suurdeeg
      1 desert lepel sout

      Metode:

      Sif alles saam. Knie met 1 LT lou warm water.
      Laat dit rys, knie dit af en rys weer. Dan bak jy dit

      ps: wat ek doen as dit so koud is en dit wil nie lekker rys nie maak ek die deeg in die bak toe met ‘n swart sak en gooi ‘n lekker dik kombers oor en dan rys hy sommer vinnig….. geniet dit

      kommentaar deur Ronel | Mei 4, 2009 | Antwoord

      • Ronel kan jy my dalk `n lekker resep gee vir skaap afval potjie, ek verstaan jou ma is bo baas Koning in skaap afval maak.

        kommentaar deur Dawie | Mei 6, 2009

  70. IETS LEKKERS VIR DIE NAWEEK OUENS!!!!!

    NAWEEKKOEKIES
    125 g. botter of margarien.
    80 ml. ( 1/3 kop.) suiker.
    1 ekstra-groot eier.
    250 ml. ( 1 kop.) bruismeel.
    180 ml. ( 3/4 kop.) korente.
    500 ml. ( 2 kop.) Rice Krispies of graanvlokkies, liggies
    fyngedruk.
    Voorverhit oond tot 180 Grade C en smeer ‘n paar bakplate. Verroom
    die botter of margarien en suiker goed tot lig en romerig. Voeg eier by
    en klits goed. Sif bruismeel oor bottermengsel en voeg korente by.
    Roer liggies. Voeg Rice Krispies of graanvlokkies by. Vorm bolletjies en
    pak op bakplate. ( Laat ruimte toe, want die koekies sprei effens ) Bak
    10 – 15 minute tot gaar. Lewer 45 koekies.

    GeNiEt DiT!!

    kommentaar deur Ronel | April 17, 2009 | Antwoord

  71. “TIMES ARE TOUGH”

    PROBEER HIERDIE:

    Raap en skraap (dis nou my soort kos, dié)

    4 dik snye brood (wit) korsies afgesny
    500ml kookmelk
    1 blik geroomde suikermielies van 410g
    1 blik weense worsies van 375g gedreineer en fyngesny of koue ham – 2
    koppies fyngesny
    3 eiers geklits
    5ml mosterdpoeier
    sout en peper na smaak
    15ml gerasperde ui
    25ml fyngekapde pietersielie
    100g (250ml) gerasperde kaas
    Stel oond op180°C (350°F). Week brood in kookmelk en roer fyn met
    vurk. Roer res van bestandele behalwe helfte van kaas bo-oor en bak 40
    minute. Dun skyfies tomatie kan bo-op kaas geplaas word en dan met
    aromat gegeur word voordat dit in die oond geplaas word.

    ENJOY

    kommentaar deur Ronel | April 17, 2009 | Antwoord

  72. Julle en julle “nat koek” hahahaha geniet hierdie een!!

    groete

    kommentaar deur Ronel | April 3, 2009 | Antwoord

  73. Sjokolade koek!!

    Bak 1

    1 ½ kop meel
    1 ½ kop suiker
    3 teel. Bakpoeier (afgeskraap)
    ½ teel sout
    4 eetl. Kakao

    Bak 2

    ¾ koppie olie
    ¾ koppie warm water
    6 eiergele
    3 teel. Vanilla

    Bak 3

    6 eierwitte
    1 teel bakpoeier (afgeskraap)

    Metode:

    Meng bak 1
    Klits bak 2
    Meng bak 2 met bak 1
    Klits bak 3 styf
    Vou bak 3 in bak 2+1

    Bak +- 35 min op 180 C

    Icing
    150gr icing
    150gr margarine
    4 teel kakao
    2 teel vanilla
    of
    versier met caramel

    GENIET!! Maak 2 ronde panne sit opmekaar of bak in bier boks

    LEKKER EET!
    Die resep is nooit ‘n flop nie, onthou net die afgeskraapte teelepels bakpoeier!!

    kommentaar deur Ronel | Maart 31, 2009 | Antwoord

  74. Hi Ronel , ek soek n wenresep vir sjokolade koek (Nat koek asb)

    kommentaar deur FriK | Maart 29, 2009 | Antwoord


Lewer kommentaar op Elsje Kanselleer antwoord